"Op ons knieë voor Jesus"

"Op ons knieë voor Jesus" Bemoediging

14/06/2026

Vader God, baie dankie dat U, U goedheid aan ons wil demonstreer deur situasies waarin ons onsself bevind. Help my asseblief om U vanaand raak te sien.
Vader God, ek kom vanaand na U toe in die Naam van Jesus Christus. Ek besef dat ek op my eie 'n sondaar is wat nooit in U oë kan doen wat reg is nie. Ek kies daarom vanaand om Jesus Christus die Redder van my lewe te maak.
Vul my met U Heilige Gees en lei my daagliks om 'n sterker verhouding met U te bou. Dankie dat ek dit kan bid in die Naam van Jesus Christus. Vader God, baie dankie dat ek vir U belangrik is. Help my asseblief om nie mismoedig of gefrustreerd te raak met die struikelblokke in my lewe nie, maar dit eerder te sien as geleenthede om U beter te leer ken. Vader God, baie dankie dat ek my lewe voor U kan neerlê. Lei my asseblief te midde van die storms wat om ons woed om ons oë gevestig op U te hou met die wete dat U die storms binne 'n sekonde kan stilmaak. Vader God baie dankie dat U in die Woord beloof om ons met wysheid te lei wanneer ons dit kortkom en ook om ons paaie gelyk te maak. Ek vra dat U asseblief daagliks ons deur U Heilige Gees sal lei. Ek wil hê dat U deel van ons lewe en toekoms moet wees. Amen.🌟💤🌟

13/06/2026

EK WENS VIR JOU 'N BAIE RUSTIGE NAGRUS TOE IN JESUS ARMS. Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou. Jesaja 41:10.✶♥✶*¨`*✶.GEBED: Waar net God kan sien. Vader, dankie vir nog 'n dag wat U aan ons lewens las het.

Dankie Here, dat ons, onsself voor U kan ontbloot, want ons weet dat net U kan alles sien wat in ons lewens aangaan.

Vader onvoorwaardelik kom staan ons nou voor U, om met U te praat.

Terwyl ons so met U praat se U die volgende, My kind, agter die vensters van jou siel kan niks jou verniel.

Daar leef 'n droom in jou wat jou lewe brandend hou. Agter die skanse van jou hart wie sal weet van jou wegsteek smart. Ook leef daar 'n droom wat wag aan die hemelsoom Agter die skanse van jou mens leef een groot wens,

Net jy wat weet wat dit is maar ek die Here jou God sal dit laat gebeur dit is gewis, Vader hoe wonderlik is dit nie om voor U te kan staan en weet U is 'n Waarmaker van U Woord en U hou by U beloftes aan ons, Dankie dat U ons Voorsiener, en ons Alfa en Omega is, want, op U kan ons vertrou. Dankie Here, dat U oë, op ons U kinders gefokus is, Dankie dat U alles in ons lewens raaksien, elke droom, elke hartseer oomblik, en elke behoefte,

Dankie dat U elkeen van ons in die holte van U Hand toevou en ons met liefde omring. Dankie dat U genade ons redding is en sal wees elke dag.

Dankie, dat ons U, ons God en Vader kan vereer,en loof en prys. Amen! Shalom ✶✶*¨`*✶. Lekker aand vir jou en mooi drome!💤✨💤✨

12/06/2026

Goeie Nag elke kosbare kind van GOD.🌟💤🌟 Vanaand weet ek hiers so baie wat stukkend is. Wat nie meer weet watter kant toe nie. Vanaand kom vou ek elkeen in JESUS se arms toe. Ek bid dat JESUS Elkeen van julle styf en veilig sal vashou.

Ons almal het al die gesegde gehoor, "Solank daar lewe is, is daar hoop." Maar as jy dit omdraai, "Solank daar hoop is, is daar lewe", klink dit vir my soveel meer belowend In die aangesig van enige krisis, of dit nou siekte is, of familie- of geldelike probleme, om te HOOP dat dinge gaan verbeter lei na 'n vaste geloof dat dit wel gaan verander en verbeter. En dit plaas ons ook in die posisie van wat NOU aangaan in ons lewens - NOU is al wat is, NOU is die enigste wonderlike werklikheid wat ons almal het om die wonder van lewe op aarde te geniet, met mekaar te deel, en daardie woordjie "hoop" maak alles moontlik... Mag jy 'n heerlike aand geniet, Soete Drome en Bly warm!!!!💤🌟💤🌟

11/06/2026

Nag liewe vriende,

Terwyl die wêreld stadig stil raak en die dag tot ’n einde kom, wil ek jou herinner aan iets belangriks...

Jy het vandag dalk nie alles reggekry wat jy wou nie. Jy het dalk nog vrae sonder antwoorde. Jy dra dalk nog bekommernisse wat swaar op jou hart lê.

Maar God het jou deur vandag gedra, en Hy sal jou ook deur môre dra.

Moenie vanaand gaan slaap met vrees in jou hart nie. Moenie jou vrede opgee aan dinge wat jy nie kan verander nie. Gee dit vir God.

Hy is reeds besig met die dinge waaroor jy bekommerd is.
Hy sien die trane wat niemand anders sien nie. Hy hoor die gebede wat nooit hardop gesê word nie.
En Hy werk selfs wanneer jy nie kan sien wat Hy doen nie.

Rus vanaand in die wete dat jy nie alleen is nie.
Baie liefde van my hart na joune
©️Annelie
Hemelse Vader,

Dankie vir hierdie dag, vir elke seën, elke les en elke oomblik van genade wat U vir ons gegee het.

Soos ons vanaand ons oë sluit, plaas ons ons bekommernisse, vrese en onsekerhede in U hande. Ons vra dat U ons harte met vrede sal vul en ons gedagtes tot rus sal bring.

Beskerm ons en ons geliefdes deur die nag. Waak oor elke huis, elke gesin en elke persoon wat hierdie gebed nodig het.

Gee krag aan die wat moeg is.
Hoop aan die wat moed verloor het.
Genesing aan die wat seer het.
En troos aan die wat vanaand alleen voel.

Help ons om môre wakker te word met nuwe geloof, nuwe hoop en nuwe vertroue in U plan vir ons lewens.

Dankie dat U nooit slaap nie, en dat ons veilig kan rus omdat U oor ons waak.

In Jesus se Naam bid ons.

Amen.
©️Annelie Janse van Rensburg

Mag God se vrede oor ons almal waak vanaand. Slaap sag en onthou...môre is nog ’n kans om God se goedheid te beleef.

11/06/2026

Goeie môre 🌹🍃🌹🍃Gebed, vir winter maande. Solly Ozrovech...... Heilige God en skepper, die winter bring sy eie bekoring en sy eie bekommernisse. Dankie vir bloeisels in die winter al is dit fratsbloeisels- hulle herinner ons aan hoe byna onmootlik U liefde vir ons , sondaars skyn te wees. Dankie vir die reën en koue en tyd om te lees; vir die natuur wat sluimerend wag op nuwe groei. Leer ons deur die winter om vir U tyd te maak en rustig te word in U teenwoordigheid. Om soms ons pas te vertraag om die wesenlike dinge van die lewe te oord**k en om krag op te gaar vir 'n nuwe groeityd. Daar is in die winterkoue ook bekommernisse; bejaardes en armes wat van ontbering sterf terwyl ons knus en warm by 'n kaggel sit. Daars werkloses wat nie weet waar môre se brood vandaan sal kom nie. Daar is hongeriges wat met smekende oë by ons verbystap; daar is dakloses wat koue daar buite moet verduur en die koue van Ongevoelige mense aan hul lyf voel. Help ons om in liefde om te gee en 'n helpende hand uit te steek. Verwarmer hierdie winterwêreld met U Gees. AMEN..🍃🌹🍃🌹🍃

10/06/2026

AAND GEBED

Liewe Heer,

U is vanaand ons veilige hawe. Ons ligbaan in ‘n koue, donker nag. Vandag was sommige van ons in stormagtige branders, toe kom U, en neem ons na ‘n veilige plek – ‘n boom – die wortels diep gegrondves in U Woord as ons Anker.

U is ons Redder uit die dieptes van...

▪︎...dalk ‘n pikswart g*t
van depressie?
▪︎Moedeloosheid?
▪︎Vrees vir waar ons in
die toekoms gaan
wees?
▪︎Vrees vir wat die nag
mag inhou?
▪︎Here, en sal ons
kinders koersvas bly op
U veilige weë soos
hulle aan moedersknie
geleer is,
▪︎of gaan hulle afdwaal
en die breë weg volg –
dié weg wat lei na
verdoemenis?

Here, ons plaas hulle opnuut vanaand onder U beskerming - U bring altyd redding.

Ons gaan nie ondergaan as gevolg van omstandighede in ons land, Here. U sal nie toelaat dat ons in gevaar verkeer sonder om U reddende regterhand na ons uit te steek nie.

🥀Ons hoofde sak
eerbiedig en ons bid:
Here, ons is deel van U
liggaam, en U is deel
van ons. Wees U
vannag ons Lig in
die donker.

Aan U liefde hou ons vas, dit is ons waarborg vir ‘n rustige nag. Here, as ons ons bekommer oor die hawelose mense - honger, nat, koud, moeg en bang, dan plaas ons ook húlle onder U beskerming.

U is die Naam bo alle name, die Koning van alle konings, ons wáre Here God Almagtig. Heerser, aan U die eer.

In Jesus Naam. Amen.
Kitty Heath.💤💫💤💫

10/06/2026

Ek hou jou hand styf vas, sê die Here. Wanneer jy te swak is om self verder te loop, sal Ek jou dra. Ek spreek my woorde en beloftes saggies in jou gees en gemoed. Jou hart is stil voor My. Omdat jy buig voor My, sê die Here, sal jy nooit voor enige mens hoef te buig nie. Jy bly net laag aan my voete en Ek sal jou verhoog op die regte tyd. Jy eer die beginsels van my Woord. Dit bewerk vir jou lewe en vrede in elke area van jou lewe. Gaan in hierdie krag van jou. Ek sal met jou wees!!!

09/06/2026

Goeie nag 💫💤💫 Here, ek weet dat U elkeen liefhet met 'n liefde wat selfs ek nie eens kan beskryf nie. Ek bid vir voorsiening in elke omstandigheid, daar waar siekte is, dat U genesing sal bring, waar eensaamheid en hartseer is, dat U vertroosting sal bring. Vader my hart is dat U elkeen sal aanraak op 'n spesifieke spesiale manier. Ek eer U daarvoor. Dankie dat ek weet dat U by elkeen sal gaan stilstaan soos wat hulle dit nodig het. Ek dank U en gee U al die lof en eer. Amen. Lekker slaap en wees veilig en warm.💫💤💫

08/06/2026

Goeie Nag Soete Drome bly warm 💤✨💤✨TROOS VAN DIE HERE....

Voel ons almal nie maar soms weer soos 'n klein, bang, hartseer kind wat op ons VADER se skoot wil klim... net styf vas gehou wil word en sommer al ons ongelukkigheid en hartseer teen Sy bors uitsnik nie... ek voel vanaand so... my hart is seer oor al die onregverdigheid daarbuite... al die gesukkel en swaarkry van mense... mense wat so hard probeer, maar heeltyd teen 'n muur vasloop... mense wat moeg en moedeloos raak en opgee op die lewe... mense wat hunker na uitkoms... hulp... Liefde... verdraagsaamheid en verstaan... daar is soveel gebroke en stukkende mense daarbuite... my gebedslysie word net al langer en langer... vir almal wat vanaand soos ek voel... gee die Here die volgende vertroosting uit Sy Woord... Jeremia 31:16-17... “So sê die Here: Bedwing jou stem van geween en jou oë van trane; want daar is 'n loon vir jou arbeid, spreek die Here; en hulle sal uit die land van die vyand terugkom. Daar is 'n toekoms vir jou nageslag, sê die Here”. Hoe wonderlik is dit nie om te weet dat ons God lewe nie? Dat Hy omgee, liefhet, uithelp wanneer dit nodig is nie? Dat HY ons nooit in wanhoop sal laat vergaan nie? Dat as ons op Hom vertrou, Hy op die regte tyd, die regte uitkoms sal gee?

As jy dus soos ek voel vanaand, kom sit saam met my by Sy Voete... stort jou hart en onsekerheid teenoor Hom uit... en laat toe dat Hy jou versterk en bemoedig... jou trane afdroog en jou vul met die sekerheid dat Hy in Beheer van elke situasie is!!

Dankie my Heer dat ons by U Voete kan sit... dat U so getrou is aan U beloftes... dat ons nooit alleen hoef te staan nie... U sal ons vashou teen U bors, vertroos en sorg... Amen💤✨💤✨

08/06/2026

Goeie môre 🕊️🌸🕊️GOD SE WIND

Ons as mens is vinnig om te d**k dat God ons nie lief het nie, wanneer dit sleg met ons gaan, ons deur allerhande toetse en beproewinge gaan. Dit is baie vêr van die waarheid af. Die waarheid is dat God ons almal lief het, ongeag wat met ons gebeur en die waarheid is dat Sy liefde onverganklik is

Terwyl ons vandag die dag van die uitstorting van die Heilige Gees vier. Vyftig dae na Paasfees wil ek vir jou BEMOEDIG en 'n paar dinge sê...

Die Griekse woord vir God se Gees kan of wind of asem wees...

Mag God met Sy wind, die wind van Sy Gees, die winde van Sy verandering vir jou NUWE WIND in jou seile gee, sodat jy Sy wind van agter kan hê. Die Heilige Gees is soos die wind : ons kan Hom nie sien nie, maar voel en ervaar. Mag jy Sy Gees, die kragtige werking van Sy Gees voel en ervaar, soos nooit vroeër.

Mag God vir jou 'n NUWE TWEEDE ASEM gee, wat ons almal so nodig het... Mag Hy Sy NUWE LEWE BLAAS in jou dooie omstandighede ( Esegiel 37 : 9) met Sy wind van Sy verandering, uit die noorde, ooste, suide en weste.

Almal van ons het talle vyande. Mag God met Sy wind, die wind van Sy Gees, op die goddeloses wat teen jou is vangnette, vuur en swael laat reën, en mag Sy gloeiende wind deel van hulle beker wees ( Ps 11 : 6) Mag God jou vyande vervolg met 'n storm en verskrik met Sy stormwind
( Ps 83 : 16)

Mag God vir jou in jou lewe 'n pad maak, soos Hy vir Moses 'n pad gemaak het deur die see, met Sy wind, die wind van Sy Gees, die winde van Sy verandering
( Eksodus 14 : 21)
Laat Sy reg en geregtigheid in jou lewe en omstandighede geskied

Mag God met Sy wind, die wind van Sy verandering, die wind van Sy Gees, jou geestelik vernuwe, geestelik laat herlewe, jou geestelik restoreer
( Jesaja 57 : 14 tot 16)

Laat Sy wil geskied
In Jesus Naam. Amen

Shalom

Rossi Rossouw Evangelistic Association
Winds of change champaign SA
Reset - renew - revive - receive - Hosea 10 : 12🌸🕊️🌸🕊️

Address

Malmesbury
7299

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when "Op ons knieë voor Jesus" posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share