Piet Bester Makelaars

Piet Bester Makelaars Jou "EENSTOP" Finansiële Diensteverskaffer

Ons is TROTS op wie ons is;Die TAAL wat ons praat
En waar ons vandaan kom;Ons weet ook waarheen ons OPPAD is

Aan elke Piet Bester Makelaars kliēnt.....
25/12/2016

Aan elke Piet Bester Makelaars kliēnt.....

Piet Bester Makelaars hou OFM :  ORANGE FRIDAYGO CHEETAHS!!!
14/10/2016

Piet Bester Makelaars hou
OFM : ORANGE FRIDAY
GO CHEETAHS!!!

25/02/2015

Piet Bester Makelaars plaas ‘n besondere groot premie op ons integriteit en die kwaliteit van ons diens. Daarom streef ons deurgaans om die hoogste vlak van besigheids- etiek, objektiwiteit en redelikheid te handhaaf ten einde kliënte tevredenheid en aanvaarding by ons kliënte te kweek.

Julle is welkom om ons makelaars te kontak vir enige navrae of besigheid. Indien julle hulle wil kom sien skakel die kantoor om 'n afspraak te maak.

24/02/2015

EISE- Alles wat jy moet weet

Eiseprosedure

* Jy moet ons so gou as moontlik laat weet van ’n gebeurtenis wat tot ’n eis kan lei.

* Jy moet binne 30 dae na die gebeurtenis volledige besonderhede daarvan aan ons verskaf, asook alle dokumente wat ons redelikerwys vereis.

* Na ’n gebeurtenis moet jy ons dadelik skriftelik laat weet as jy bewus word van vervolging,regstappe of eis teen jou.

* Jy moet ’n gebeurtenis waarby diefstal of ’n ander kriminele daad betrokke is dadelik aan die polisie rapporteer.

* Niemand mag sonder ons skriftelike toestemming aanspreeklikheid erken of aanbied of belowe of betaal vir ’n gebeurtenis wat tot ’n eis kan lei nie.

24/02/2015

SANTAM - Voertuie

Omvattend, diefstal en kaping uitgesluit (dekking):
As jy hierdie opsie het, dek ons toevallige verlies van of skade aan die voertuig. Die dekking sluit verlies of
skade uit wat deur diefstal of kaping of enige poging tot diefstal of kaping veroorsaak is. As ons besluit dit
is nie ekonomies om die voertuig te herstel nie, is ons vergoeding soos dit in die Bylae genoem word.Die
dekking sluit bedrae in waarvoor jy wetlik teenoor ’n derde party aanspreeklik is as die aanspreeklikheid
met die voertuig verband hou.

24/02/2015

SANTAM - Voertuie

Omvattend (dekking)
As jy hier die opsie het, dek ons toevallige verlies van of skade aan dievoertuig. As ons besluit dit is nie ekonomies om die voertuig te herstel nie, is ons vergoeding soos dit in die polis genoem word.Die dekking sluit bedrae in waarvoor jy wetlik teenoor ’n derde party aanspreeklik is as die aanspreeklikheid met die voertuig verband hou.

Besighede Volleyball
24/02/2015

Besighede Volleyball

19/08/2014

Vir Lewensdekking, Boedelontledings, Testamente, Beleggings, Korttermynversekering, Oesversekering en Medisefondse, is u welkom om een van ons 6 ervare Finansiële Adviseurs te kontak:

Piet Bester (Wesselsbron)
Abrie Nel (Wesselsbron)
Pieter Du Plessis (Wesselsbron)
Ilse Nel (Wesselsbron)
Mariaan van der Meulen (Hoopstad)
Ruben Avenant (Bothaville)

Wesselsbron 057 - 899 6111
Hoopstad 053-4442122

19/08/2014

Moet ek 'n Finansiële Adviseur Raadpleeg of Gaan ek die Direkte Roete?

Wanneer jy gekonfronteer word met 'n siekte, gaan jy na 'n dokter of spesialis.
Wanneer jy regshulp of advies benodig, gaan jy na 'n professionele prokureur.

Wanneer jy egter jou toekoms beplan of na jou besitttings omsien, is ons advies dat u 'n professionele persoon sal raadpleeg om jou by te staan met die finansiële beplanning. Hoeveel is jou finansiële situasie vir jou werd?

Wil jy jou geld belê deur middel van 'n onbekende persoon aan die anderkant van die foon (soos in 'n geval van 'n inbelsentrum)?
Wie is die persoon wat jy met jou geld sal vertrou?

Kom na Piet Bester Makelaars. Ons stel voor dat jy 'n persoonlike verhouding met een professionele adviseur sal aanknoop, waarop jy sal kan staatmaak met die beste advies en volkome gemoedsrus.

20/03/2014
19/03/2014

LIBERTY

Liberty se stigter, Mnr Donald Gordon, het gesien hoedat sy vader sy hele lewe baie hard gewerk het, maar met finansiële beloning. Dit het hom geïnspireer met die onstuitbare oortuiging dat elke mens die geleentheid gegun moet word om goed te doen en sodoende 'n trotse nalatenskap vir sy gesin na te laat. Om die besparing van die man in die straat te kanaliseer, het hy geglo aan 'n verskeringsmaatskappy wat met beleggings die ekonomie bou. Dit is bereik deur die krag van saamgestelde rente as 'n deel van finansiële risiko, wat hy genoem die wonderwerk van lewensversekering. Sy pioniersgees en finansiële kennis, tesame met sy geloof in die onderwys, het as sleutel tot 'n beter toekoms vir Suid-Afrika bygedra, wat 'n werklike verskil in die lewens van miljoene mense gemaak het. Liberty se sakefilosofie vandag is steeds gewortel in dieselfde tydlose beginsels.

Eerstes en Grotes

Liberty het die eerste aftree-annuïteit in Suid-Afrika van stapel gestuur.
Liberty se saamgesmelte maatskappy was die eerste om effektetrusts in Suid-Afrika te bewerkstellig, asook die eienaar van die grootste effektetrust maatskappy.
Liberty was die eerste versekeringsmaatskappy wat winkelsentrums in Suid Afrika gebou het.
Liberty was die eerste maatskappy wat verpleegkundiges aangestel het (wat nogsteeds vir ons werk).
Liberty verdien die reputasie van die beste verskaffing van relevante verkope opleiding en ontwikkelings kursusse en intervensies in die bedryf. Deur middel van deurlopende en goed beplande strategiese ontwikkelingsplanne vir leiers, bestuurders, verkope personeel sowel as ondersteuningspersoneel, word hulle vaardighede verbeter en bemagtig om tot hulle volle potensiaal te presteer.
Liberty was die eerste maatskappy wat inkomste beskerming voordele, gekombineer met beroepsongeskiktheid en waardevermindering dekking, in 'n enkele voordeel met ons Absolute Beskermer voordeel, in te voer.
Liberty was die eerste maatskappy wat inkomste beskerming voordele ingevoer het.
Liberty Health het verlede jaar 900% groei behaal.
Liberty se revolusionêre Blueprint instrument verander die gesig van finansiële beplanning in Suid-Afrika en is goedgekeur deur al die ander groot rolspelers.
Liberty besit die voorste winkelsentrums in Suid-Afrika.
Liberty was die eerste effektetrusts om direk in te skakel met die lewens versekerings beleid voordele.
Liberty was die eerste lewensversekering maatskappy wat op die JSE genoteer is.

Address

PL Kotzestraat 18
Wesselsbron
9680

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Piet Bester Makelaars posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Piet Bester Makelaars:

Share