31/08/2026
WIE IS CHARL?
Ontmoet Charl Haman van Evo Homeloans Boland – iemand wat glo dat ’n huislening oor baie meer gaan as net syfers en papierwerk.
Charl het in Mei 2025 met Evo Homeloans Boland begin om mense persoonlik te help met een van die grootste finansiële besluite van hulle lewe: om ’n huis te koop.
Hy help kliënte met huislening-voorafgoedkeurings, kredietkontroles en aansoeke, en onderhandel namens hulle met verskillende banke om die beste moontlike rentekoers te kry.
Vir Charl gaan dit egter oor meer as net ’n huislening. Dit gaan oor persoonlike diens en om die proses van aansoek tot sleutel eenvoudiger en minder stresvol te maak.
Met Wellington as sy tuiste vir die afgelope 7 jaar, is Charl trots om deel van ons plaaslike gemeenskap te wees.
Kom ontmoet hom by die Local is Lekker Feesmark en hoor hoe hy jou kan help om jou droomhuis ’n stap nader te bring.
10 Oktober 2026
09:00–14:00
Hugenote Kollege, Wellington
GRATIS TOEGANG!
Sê solank “GOING” op ons Facebook Event:
https://www.facebook.com/events/1504220554040440
Kom ondersteun plaaslik. Kom kuier saam!