30/07/2026
๐ Baie geluk, Willie Traut! ๐
Die span van Stonehouse Capital West Coast wens vir Willie Traut van harte geluk met sy uitstekende prestasie tydens die Stonehouse Capital Toekenningsgeleentheid wat gisteraand by Shepherd's Tree Game Lodge in die Pilanesberg plaasgevind het.
Ons is ongelooflik trots daarop dat Willie 1ste geรซindig het as Finansiรซle Adviseur in die Kaap as geheel en nasionaal 4de geรซindig het in die hele Stonehouse Capital Groep. Hierdie prestasie getuig van sy harde werk, toewyding, professionaliteit en passie om elke kliรซnt met uitnemendheid te dien.
Willie, dankie vir die voorbeeld wat jy stel en vir die verskil wat jy elke dag in mense se lewens maak. Jou sukses is welverdiend, en ons sien uit na nog vele mylpale saam met jou.
Baie geluk met hierdie besondere prestasie โ ons vier saam met jou! ๐๐