10/04/2025
🏥💼 "Kry die regte versekering vir siekterisiko: Belangrike vrae en antwoorde" - Rico Honeycomb
Afgesien van mediese koste, hou ernstige siekte ook ander verskuilde finansiële uitdagings in, soos die verlies van inkomste en die behoefte aan tuissorg. 🏠💪 Mediese skemas se dekking is dikwels te min, maar die regte versekering – lewens-, ongeskiktheids- en ernstigesiekte-dekking – kan jou finansiële stabiliteit en leefstyl beskerm.
Hieronder is belangrike vrae en antwoorde wat jou kan help om die beste versekering te kies om jouself en jou geliefdes te beskerm.❤️👨👩👧👦
❓ Hoekom is versekering belangrik tydens siekte – veral in die geval van ʼn ernstige siekte?
🗣️ "Hoewel jou mediese fonds miskien sekere koste van die diagnose en behandeling sal dek, is dit dikwels onvoldoende. Mediese fondse dek gewoonlik nie onverwagte finansiële uitgawes wat byvoorbeeld gepaardgaan met onbetaalde verlof vir hersteltyd, of hulp met dagtake nie. Versekering kan hierdie gapings dek en help om koste ten opsigte van tuissorg, kindersorg of verlies van inkomste te dek."
❓ Watter tipe versekering moet jy oorweeg as jy voorsorg tref en nie kanker het nie?
🗣️ "Begin met lewensdekking om enige finansiële tekorte soos skuld of afhanklikes se behoeftes te dek. Ongeskiktheidsdekking is noodsaaklik om jou inkomste te beskerm indien jy nie meer kan werk nie. Oorweeg ernstigesiekte-dekking om die finansiële impak van ernstige siektetoestande teen te werk."
❓ Watter versekering is nodig as jy kanker het?
🗣️ "Selfs ná ʼn kankerdiagnose is daar nog steeds versekeringsopsies beskikbaar, na gelang van hoe jy op behandeling reageer. Wanneer die kanker in remissie is, kan versekeraars moontlik lewens- of ongeskiktheidsdekking aanbied, hoewel die premies dikwels hoër is. Ernstigesiekte-dekking, wat voorheen nie vir kankeroorlewendes beskikbaar was nie, kan nou deur versekeraars oorweeg word."
❓ Hoekom is dit belangrik om hierdie tipes dekking te hê?
🗣️ "Versekering beskerm jou finansiële stabiliteit en verseker dat jy jou leefstyl gedurende en na behandeling kan voortsit. Hierdie beskerming is uiters belangrik om ʼn holistiese benadering tot die bestuur van siekte te verseker, omdat dit beide mediese en nie-mediese onkoste dek, en help om die herstelproses ʼn beter ervaring te maak."
Gesels met jou finansiële adviseur van Sanlam om die regte versekeringsdekking vir jou behoeftes te kry.
Rico Honeycomb
Elbro BlueStar
📳 0845700547
📧 [email protected]
🤳 https://www.sanlamadvice.co.za/bluestar/elbro/adviser/rico-honeycomb/86989072046178
🏠 16 Judith Street, Thabazimbi, Limpopo, South Africa, 0387
Sanlam Lewensversekering Beperk is ʼn gelisensieerde lewensversekeraar, ʼn gemagtigde verskaffer van finansiële dienste en ʼn geregistreerde kredietverskaffer (NCRCP43).