08/06/2026
Intern is dit al vir ‘n ruk bekend dat Gustav nou 3 IB(derde in bevel) hier by Mountsure is, maar ons wil dit nou ook met almal deel.
Gustav is ‘n groot rede hoekom dit so goed met Mountsure gaan. Hy het oor die laaste 4 jaar elke keer sy hand opgesteek wanneer ons iets ekstra nodig gehad het en sy kennis in die bedryf staan vir niemand s’n terug nie. Hy is baie goed met die personeel en stap altyd die ekstra myl vir ons kliënte. Van die assuransies is soms bietjie skrikkerig vir hom, maar dit is ook ‘n goeie ding elke nou en dan 😉
Ons is baie gelukkig om hom deel van die span te hê, en sien uit na die toekoms met hom aan ons kant.
Gustav Van Eyssen baie dankie vir die goeie werk en dat jy altyd ja sê, selfs wanner dit jou persoonlike tyd kos! Ons waardeer jou baie!