Kasfin (Eiendoms) Beperk

Kasfin (Eiendoms) Beperk Volkseie korttermyn versekering, vir ons mense, deur ons mense, in Afrikaans.

07/05/2012

Boere en besigheidsmanne/-vroue! Kasfin tree op as makelaar vir van Suid-Afrika se grootste Versekeraars! Kom praat met Kasfin vir 'n omvattende en betroubare polis vir kort termynversekering! In u eie taal. Deur Boere-Afrikaner-volksgenote!

04/05/2012

Kasfin lewer dienste in die lyne Persoonlike, sowel as Kommersiele versekering. As jy voel jou besigheid betaal te veel vir versekering vir onnodige ekstra's, praat met ons! In Afrikaans! Net Afrikaans.

02/05/2012

Almal van ons wil in hierdie moeilike tye geld bespaar. Kasfin het al vir al hule kliente honderde Rande per maand bespaar. Kontak ons as jy ook wil hoor hoeveel jy kan spaar! Ons maak n plan.

17/04/2012

Ons webtuiste is op die lug! Gaan kyk na www.kasfin.co.za en raak vertroud met goeie diens en volkseie versekeringsmakelaars!

16/04/2012

Kasfin (Edms) Bpk. tree nou ook op as makelaars vir SANTAM. Kontak ons vir betroubare, volkseie versekering teen bekostigbare premies!

26/03/2012

Wanneer ‘n mens met versekering werk, as die kliënt, is dit dikwels ‘n frustrasie om met iemand te werk wat nie Afrikaans kan of wil praat nie, en meer gewoonlik ‘n volksvreemdeling. Ons verlang net so gereeld daarna om met ‘n volksgenoot, in ons eie taal te praat en gesels. Dit is waarom Kasfin gestig is.

Kasfin is ’n gemagtigde finansiële diensteverskaffer, geregistreer by die Finansiële Diensteraad onder nommer FSP 43599, met maatskappyregistrasienommer 1996/013677/07.

Baie van u sekerlik bewus daarvan dat Oranjekas al sedert 2008 ’n betroubare verskaffer van spaar- en kredietfasiliteite is. Oranjekas is ook tans in proses om by die Suid-Afrikaanse Reserwebank te registreer as ’n handelsbank, wat sal beteken dat hulle beter bykomende dienste kan lewer en onbeperk groei. Kasfin is gestig met die oog op dienslewering vanuit die Oranjekas-stal en is ‘n volle filiaal van Oranjekas. Daarom nooi ons u om met ons in verbinding te tree vir u korttermyn versekering.

Die oogmerk van die onderneming is om ’n korttermyn versekeringsmakelaarsdiens aan kliënte op ’n professionele grondslag te lewer. Kasfin het alreeds kontrakte met verskeie bestaande korttermyn versekeringsmaatskappye gesluit, waaronder Auto & General, Hollard, MiWay, Santam en Regent, om as makelaar op te tree. Die onderneming sal in die behoefte voorsien van die lede van Oranje Spaar- en Kredietkoöperasie, wat ’n behoefte het aan ‘n een-stop-diens vir hulle beleggings, lenings en versekering.

Wanneer u ’n kliënt van Kasfin is, sal u die vreugde en gemoedsrus ervaar wat gepaard gaan met die wete dat u slegs in Afrikaans deur volksgenote bedien gaan word. Verder word u ook deel van ’n daadwerklike poging om ons volksekonomie te bou en te vestig in ’n land waar ons nie meer altyd die gemoedsrus het oor ons finansiële sake nie, omdat dit al hoe meer in volksvreemde hande is. Oranjekas en Kasfin bied aan ons mense die geleentheid om saam te bou aan ons ekonomiese selfstandigheid.

Die personeel van Kasfin, Jackie Hoffman, Rudolf Buitendach en Riaan van Staden, staan gereed om u van diens te wees. U kan ons gerus skakel. Die telefoonnommer is 012 333 0304. Ons kantore is geleë op die hoek van Collins- en Laseandrastrate in Môregloed, Pretoria. U is welkom om ons te besoek om u behoeftes te bespreek, sodat ons vir u betroubare en bekostigbare korttermyn versekering kan bemiddel. U is ook welkom om die aangehegde Makelaarsmagtingsvorm sowel as die Kwotasievorm in te vul – dit is beide in Word-formaat sodat u dit op u rekenaar kan invul en terug te stuur.

Ons sien daarna uit om met u te gesels.

Vriendelike groete,
Die Kasfin-span
Collinslaan 1241 Môregloed 0186 Posbus 32585 Waverley 0135
012 333 0304 086 246 5696
E-pos: [email protected]

19/03/2012

Kasfin kon al vir verskeie mense baie geld spaar op motor- en huisinhoudversekering. Laat ons vir jou 'n kwotasie gee, jy spaar dalk net 'n paar honderd Rande!

13/03/2012

Kasfin se internet blad sal eersdaags op die lug wees! Hou die spasie dop vir verdere nuus.

04/03/2012

Kasfin bied uitsluitlike diens aan ons volksgenote. Skakel vir Dolf, Jackie of Riaan vir 'n kwotasie op jou kort termyn-versekering. Word deel van die poging om ons volksekonomie te bou! Kasfin is 'n volledige filiaal van Oranjekas Spaar- en Kredietkooperasie. Kasfin is 'n geregistreerde Finansiele Diensteverskaffer, by die Raad vir Finansiele Diensteverskaffers geregistreer.

Address

Pretoria
0186

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kasfin (Eiendoms) Beperk posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Kasfin (Eiendoms) Beperk:

Share