02/07/2026
4 Algemene Mites Oor Skuldberading – En Die Waarheid Wat Jy Moet Weet
Skuldberading het reeds duisende Suid-Afrikaners gehelp om weer beheer oor hul finansies te neem, maar daar is steeds baie wanopvattings wat mense verhinder om die hulp te kry wat hulle nodig het.
Kom ons skei feite van fiksie.
🚩 Mite 1: "Skuldberading is ’n bedrogspul."
✅Die Waarheid: Skuldhersiening is ’n wettige proses wat deur die Nasionale Kredietwet gereguleer word.
'n Geregistreerde skuldberader assesseer jou finansiële situasie, onderhandel met al jou krediteure om jou maandelikse paaiemente meer bekostigbaar te maak en beskerm jou teen regsaksie.
Bevestig deur die NCR se webtuiste dat jou skuldberader geregistreer is.
🚩Mite 2: "Jy bly vir ewig onder Skuldberading."
✅Die Waarheid: Jy bly slegs onder skuldhersiening totdat die skuld wat ingesluit is in die hofbevel terugbetaal is (uitgesluit jou huisverband).
Die tydperk hang af van die totale skuld, die rente en geld beskikbaar vir terugbetaling. Die termyn word verleng en die rente verminder om ‘n bekostigbare terugbetalingsplan te bewerkstellig.
Duisende Suid-Afrikaners het sedert 2007 reeds skuldhersiening suksesvol voltooi.
🚩Mite 3: "Dit vernietig jou kredietrekord"
✅Die Waarheid: Nadat skuldberading suksesvol voltooi is, word die skuldhersieningsaantekening verwyder van jou kredietrekord.
Sodra verwyder, verskyn daar geen geskiedenis van skuldberading op jou kredietrekord nie.
Jou maandelikse betalings verskyn wel op jou kredietrekord en verbeter jou krediettelling.
Verbruikers herbou dus hul kredietprofiel en kwalifiseer weer vir krediet, sodra hulle die proses suksesvol voltooi het.
🚩Mite 4: "Jy kan nie Skuldberading bekostig nie"
✅Die Waarheid: Skuldberadingsfooie word voorgestel deur die Nasionale Kredietreguleerder.
Skuldberadingsfooie word nie vooruit betaal nie. Die skuldberader se fooie word in gevolge wetgewing gedek deur jou eerste twee maandelikse terugbetalings.
Die verbruiker benodig dus geen fondse om onder skuldberading te gaan nie.
Moet dus nie toelaat dat mites jou keer om jou opsies te ondersoek nie.
Skuldberading help jou om 'n realistiese plan te hê, sodat jy jou skuld kan terugbetaal, terwyl jy jou eiendom, voertuie en finansiële toekoms beskerm.
Kontak Yolanda by Sherpa Skuldberading vir ’n gratis, vertroulike assessering.
Geen oordeel nie. Net leiding.