Oranjekas

Oranjekas Dit word besit, beheer en bestuur deur die SKK se lede wat ‘n gemeenskaplike doel het.

Oranjekas is ’n spaar en krediet koöperasie(SKK) wat in staat is om verskeie bankdienste aan kliënte te bied.

‘n Spaar en krediet koöperasie (SKK) is ‘n demokratiese, unieke, ledegedrewe, selfhelp-koöperasie. Die lede het ooreengekom om hul geld in die SKK te belê (spaar) en dan die geld te gebruik vir lenings aan lede teen ‘n redelike rentekoers. Opbrengste op rente inkomste uit lenings, word aa

ngewend om rente te betaal op beleggings en om die administratiewe koste te dek. Winste wat gemaak word binne die SKK, word aangewend volgens besluite geneem deur die lede van die SKK. ‘n SKK is ‘n demokratiese organisasie waar die lede die direksie verkies en die direksie ‘n bestuurspan aanstel. Daar word ook ‘n toesighoudende komitee deur die lede verkies om toesig te hou oor die bedrywighede van die direksie. Oranjekas gaan die behoefte van die volk om ekonomies selfstandig te wees vervul deur professionele, vriendelike en tydige dienste aan die Afrikaner te lewer. Die volgende produkte word met trots deur Oranjekas aangebied :


Spaarrekeninge


Lopende rekeninge


Vaste deposito’s


Korttermynlenings


Langtermynlenings

Kaartrekeninge

Elektroniesebankdienste

22/02/2016

Oranjekas kan nou ook noodlenings tot op R30 000 vir 'n maksimum vir 3 maande hanteer. Vir besonderhede stuur 'n e-pos aan [email protected]

01/07/2014

Vir enige moontlike belegging, van baie klein tot baie groot, kontak Oranjekas en vergewis jou van ons uiters mededingende rentekoerse. Oranjekas Spaar en Krediet Koӧperatief
Kontak Nommer: 0860104297
Faks Nommer: 0865369953

23/05/2014

Oranjekas het na aanleiding van die Reserwebank se besluit, ook nie sy rentekoerse aangepas nie. Kontak Oranjekas vir 'n kwotasie op jou belegging, deur 'n e-pos te stuur aan [email protected]

20/09/2013
05/11/2011

Oranjekas het vandag 'n baie suksesvolle Algemene Jaarvergadering gehad. Dit is die derde sedert stigting in 2008.
Langs hierdie weg 'n opregte woord van dank en waardering teenoor elke aandeelhouer, kliënt, personeellid, direksielid en Toesighoudende Komiteelid sonder wie se volgehoue ondersteuning Oranjekas nie kan groei nie.
Ander hoogtepunte:
• Oranjekas het gedurende die jaar die eiendom bekom waar die kantore tans gehuisves is;
• Gedurende die tydperk 19 tot 21 Oktober 2011 was daar ‘n internasionale konferensie gehou in Kaapstad onder leiding van die Koöperatiewe Bank Ontwikkelings Agentskap. Oranjekas is op hierdie byeenkoms vereer met ‘n trofee as die vinnigste groeiende bank in die katagorie bo R20m;
• Oranjekas se nuwe webblad op die internet is inbedryf gestel. Besoek gerus www.oranjekas.co.za.

06/08/2011

Kry meer inligting oor die elektroniese bankdienste by:
http://oranjekas.co.za/15301.html

Oranjekas Spaar en Krediet - Finansiële Kooperatiewe Vryheid! - Spaarrekeninge, Vaste Depositos, Lenings ens.

24/03/2011

Maandagaand 19h15 is daar 'n onderhoud met Jan Beyers van Oranjekas oor die groei wat Oranjekas in die laaste jaar gehad het.

22/11/2010

Kontak gerus Oranjekas se kantore vir inligting m.b.t die kaartstelsel en elektroniese bankdienste.

22/11/2010

Vir meer inligting m.b.t Oranjekas se spaarrekeninge, besoek gerus die besprekingsafdeling op hierdie blad. Die aansoekvorm vir 'n spaarrekening is by hierdie skakel beskikbaar:

22/11/2010

Welkom by die "bakkiesblad" van Oranjekas.

Address

Collinslaan 1241, Moregloed
Pretoria
0186

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 14:00

Telephone

086 010 4297

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Oranjekas posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share