11/06/2026
🚗☀💐 Kry jou ry Saterdag na Pretoria Boeremark, jy sal nie spyt wees nie! Hier is iets vir elke lid van die gesin. Stalletjies in die kollig dié week:
🛒 Pretoria Vellies: Egte skaapwol pantoffels beskikbaar voor die koue winter kom asook leer vellies en handsakke.
🛒 Five Little Men: Lekker gerookte biltong en droëwors in C‑graad, peri‑peri, chilli, knoffel, fruit en chutney, plus super biltong, salt & pepper, bacon, stokkies en blare teen uitstekende pryse.
🛒 Incredible Confectionery: Kom kry jou gunstelling Glühwein en Prego roll die komende naweek en vat nagereg huis toe. Alles by een stalletjie beskikbaar, kom ondersteun Local. Tuisgemaak met liefde en lojaliteit.
🛒 The Birds and the Bees is weer genomineer as een van Pretoria se beste bloemiste. Kom kyk by stal 222/223 in Witstinkhoutlaan hoekom mense so gaande oor ons is. Bestel jou bos blomme via WhatsApp by 076 687 4284.
🛒 Good Bars: Vrek lekker snack bars, perfek vir kosblikke, oefen, of om winkel sjokolades te vervang. Kom probeer ons nuwe fudge bar!
Sien julle Saterdagoggend , 05:30-09:30 by 665 Moreleta straat, Silverton.
GROOTfm 90.5 Thephotoandvideoguy.com