Pretoria Boeremark

Directions Website Contact the business

Pretoria Boeremark The Pretoria Boeremark is an open air informal trading platform established for farmers to sell essential foodstuff directly to the public.
(1997)

Wenner van Beeld Leserskeuse as beste mark in Pretoria 2021, 2023 en 2024
Wenner van Eat Out/DSTV se 'Outstanding Outlet' Noord toekenning in 2008, 2010-2012. Wenner van Best of Pretoria: Best Food Market in Pretoria 2022, 2023

🔥🐝💚 Wanneer ons sê hier is iets van alles, bedoel ons dit! Stalletjies in die kollig dié week:🛒 Die Groentetuin: Ontdek ...
16/10/2026

🔥🐝💚 Wanneer ons sê hier is iets van alles, bedoel ons dit! Stalletjies in die kollig dié week:
🛒 Die Groentetuin: Ontdek vars groente, slaai, gemengde kruie en interessante plante soos rubarber, boomtamatie en artisjokke. Ook beskikbaar: organiese pes- en plaagbeheerprodukte.
🛒 Huizens Kaas & Produkte: Smelt in die mond Danish Feta, kondensmelk, Dubbelroom Jogurt en nog vele meer!
🛒 Coffee Honey: Rou, onbestraalde, 100% suiwer heuning. Lemoen, macadamia, multiflora, bush (Acacia/Kameeldoring), Bluegum, sonneblom en aloe heuning beskikbaar, asook heuningkoeke en byewas. Moet ook nie die heerlike koffie vergeet nie!
🛒 Funnekoek: Heerlike, varsgebakte pannekoek met vulsels vir elke smaak! Van klassieke kaneelsuiker tot Nutella en aarbeie, piesang en karamel, maalvleis, hoendermayo en Peppermint Crisp.
🛒 Durban Delights: Pop into Durban Delights for that taste of Durban,bringing all of Durban's flavours to you. Mouthwatering and delicious rotis, curries and samoosas.

En dis maar net ’n voorsmakie van wat môre op jou wag! Sien julle môre oggend vroeg-vroeg, 05:30 tot 09:30 by 665 Moreletastraat, Silverton.GROOTfm 90.5gratis!

Thephotoandvideoguy.comboeremark

Daar's ’n rede hoekom ons doutrappers elke Saterdag terugkeer! 😉Dankie vir die mooi woorde, Elzette! Ons sien uit na jou...
13/10/2026

Daar's ’n rede hoekom ons doutrappers elke Saterdag terugkeer! 😉

Dankie vir die mooi woorde, Elzette! Ons sien uit na jou volgende kuier.

Sien jou Saterdagoggend, 05:30–09:30 by 665 Moreletastraat, SilverGROOTfm 90.5toegang!

Thephotoandvideoguy.comaboeremark

'n Atmosfeer soos g'n ander! Nuwe gesigte, 'n massiewe verskeidenheid stalletjies en geselskap uit die boonste rakke. As...
12/10/2026

'n Atmosfeer soos g'n ander! Nuwe gesigte, 'n massiewe verskeidenheid stalletjies en geselskap uit die boonste rakke. As jy nog nie kom kuier het nie, loer gerus wat jy misloop. Dankie Thephotoandvideoguy.com dat jy die hart en siel van Pretoria Boeremark altyd so perfek vasvang 👌🥳

GROOTfm 90.5

Met dankbaarheid kyk ons terug op 34 geseënde jare, gevul met genade.Op 10 Oktober 1992 het die Pretoria Boeremark sy ee...
10/10/2026

Met dankbaarheid kyk ons terug op 34 geseënde jare, gevul met genade.

Op 10 Oktober 1992 het die Pretoria Boeremark sy eerste tree gegee – met sowat 60 uitstallers op die Persequor-terrein in Pretoria.

Dit was ’n inisiatief van die TLU SA, met ’n eenvoudige maar belangrike doel: om boere die geleentheid te gee om hul produkte direk aan verbruikers te verkoop.

Die eerste mark was sommer uit die staanspoor ’n reusesukses. En 34 jaar later leef daardie oorspronklike idee steeds voort.

Die terrein het verander, die Boeremark het gegroei en geslagte besoekers het intussen deel van ons storie geword. Maar die hart van die mark bly dieselfde: vars plaasprodukte, mense wat met trots hul produkte aanbied en Saterdagoggende wat mense bymekaarbring.

Dankie aan TLU SA wat die grondslag gelê het, aan ons stalletjiehouers wat die tradisie laat voortleef en aan elke besoeker wat oor die jare deel daarvan geword het en plaaslik ondersteun.

Op nog baie jare van kos, koop en kuier! 💛

TLU SA GROOTfm 90.5 Thephotoandvideoguy.com

☀🥳🍓 Môre is dit weer sulke tyd!Die stalletjies is reg, die koffie wag, die somer vrugte en groente is volop en daar's so...
09/10/2026

☀🥳🍓 Môre is dit weer sulke tyd!

Die stalletjies is reg, die koffie wag, die somer vrugte en groente is volop en daar's sommer nóg 'n rede om vroeg uit die vere te spring: Nicola Joan kuier op die GROOTverhoog van 07:00–09:00 🎶

Kom vul jou mandjie, kry iets lekkers om te eet en kuier lekker saam.

Sien julle môre oggend , 05:30–09:30 by 665 Moreletastraat, Silverton. GRATIS toegang, vir altyd!

GROOTfm 90.5 Thephotoandvideoguy.com

🍗🫒🧀 Vyf stalletjies, hope lekkernye om te ontdek! Van iets lekkers om te eet tot produkte vir die huis en braai. Kom maa...
08/10/2026

🍗🫒🧀 Vyf stalletjies, hope lekkernye om te ontdek! Van iets lekkers om te eet tot produkte vir die huis en braai. Kom maak kennis met ons vyf stalletjies van die week! 👇
🛒 Gauteng Olives: Kom loer na ons verskeidenheid olywe, olyfpasta en opwindende nuwe O-LYF-produkte! Moenie van ons Olive Oil On Tap vergeet nie — bring jou eie bottel. 😁
🛒 Five Little Men Biltong: Twee stalletjies. Dieselfde kwaliteit en vriendelike diens. Net nóg makliker om jou gunsteling biltong, droëwors en meer te kry!
🛒 Braaishop: We make customomized braais on order and we cater for all people for their braai and camping needs.
🛒 Die KaasKamer: Die span van Die KaasKamer, nooi u om Saterdagoggend te kom kyk na hul groot verskeidenheid kaas. Daar is altyd iets vir elkeen se smaak op ons tafel - kom loer gerus. Stalletjie 553 aan die Suid Oostekant van die mark.
🛒 Chicky Blessings: Lus vir iets lekker? Kom probeer ons sappige Prego Rolls of Chicken Sosatie Buns! Ons het ook ’n verskeidenheid hoenderprodukte, van gevulde hoenderrolletjies tot gemarineerde sosaties en meer.

☀ Sien julle Saterdag , 05:30–09:30 by 665 Moreletastraat, Silverton. Gratis toegang, soos altyd!

07/10/2026

🔔🍦🚲 Hoor jy die klokkie? Oom Cornie is oppad! Met sy bekende roomysfiets ry hy elke Saterdag deur die Boeremark met iets kouds vir die warm oggende - van Eish en King Cone tot Magnums. En as jy ’n stalletjie soek, vra sommer vir Oom Cornie. Hy ken omtrent almal by die mark! 😄 Sien julle Saterdag , 05:30–09:30 by 665 Moreletastraat, Silverton.
GROOTfm 90.5

07/10/2026

“Hierdie mark is nie groot genoeg vir ons albei nie.” 🤣 En as jy Debbie se spieël vir sy eintlike doel wil gebruik, kom loer gerus watter uitrustings sy alles by haar stalletjie het!📍 Stalletjie 114, Wilgerlaan
Net nog ’n doodgewone dag by die Pretoria Boeremark. 😅

Die go-karts het getrek! 🏎️💨 As julle hulle die laaste ruk op hul ou plek binne die mark gesoek het - hulle is steeds hi...
06/10/2026

Die go-karts het getrek! 🏎️💨 As julle hulle die laaste ruk op hul ou plek binne die mark gesoek het - hulle is steeds hier! Die go-karts het net ’n nuwe tuiste gekry by die Kinderplaas, net voor Ingang 1.

En hier kan die jongspan steeds lekker rondrits:
🏁 8 rondtes – R100 (ongeveer 5 minute)
🏁 Korter rit – R50
🏁 Kinders van 4 jaar en ouer kan self bestuur
🏁 Kleiner kinders kan saam met ’n ouer ry

En as die wiele eers klaar gedraai het, is daar sommer nog heelwat om by die Kinderplaas te doen - van die plaasdiere en ponieritte tot die windbuks-skietbaan.
Soek die go-karts Saterdag op hul nuwe plek by die Kinderplaas, net voor Ingang 1!

Sien julle elke liewe Saterdagoggend , 05:30–09:30 by 665 Moreletastraat, Silverton. Gratis toegang, soos altyd.

Saterdag begin hier. 💚Vars produkte, lekker eetgoed, plaaslike mense en ’n vroegoggend-kuier soos net die Pretoria Boere...
02/10/2026

Saterdag begin hier. 💚

Vars produkte, lekker eetgoed, plaaslike mense en ’n vroegoggend-kuier soos net die Pretoria Boeremark kan.

Plaaslik, gesellig en .

Sien julle môre, 05:30–09:30 by 665 Moreletastraat, Silverton. Toegang is GRATIS, vir altyd!

Address

665 Moreleta Street, Silverton
Pretoria
0184

Opening Hours

05:30 - 09:30

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Pretoria Boeremark posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Pretoria Boeremark:

Shortcuts

Share