01/08/2026
Maak gereed vir n aksiebelaaide dag van topklas-skolerugby op Saterdag, 1 Augustus 2026, by Hoërskool Centurion. Die atmosfeer gaan elektries wees wanneer Hoërskool Centurion se o/16A en 1ste span die veld betree vir die Noordvaal "Bowl"-kwartfinaal, waar hulle kragte teen Hoërskool Hugenote en Hoërskool Dinamika meet. Met n plek in die volgende ronde op die spel, kan ondersteuners uitsien na intense wedstryde, passievolle spel en onvergeetlike oomblikke.
o/16A - 9:00 (vs Hugenote)
1stes span - 10:20 (vs Dinamika)
Die hele Centurion-gemeenskap word uitgenooi om deel te wees van hierdie besonderse rugbydag.
Kaartjies kan op hierdie skakel aanlyn gekoop word: https://schooltix.co.za/book/EVT-1785311078865-492
Skool leerders in skooldrag kry GRATIS ingang.
Belangrik: Hoërskool Centurion is 'n kontantlose terrein. Alle betalings geskied elektronies.