Pollol Nel Insurance Brokers

Pollol Nel Insurance Brokers Insurance Brokers Pollol Nel Makelaars is 'n gevestigde familie-onderneming wat reeds in 1987 sy deure op Pongola oopgemaak het. Kom gesels met ons.

Die stigter, Pollol Nel, is 'n voormalige boer van die Magudu distrik. Hy was iemand wat maklik aanklank vind by mense en het deur jarelange vertouensverhoudings op te bou, die onderneming laat groei tot waar dit vandag is. Sy dogter, Paula Janse van Rensburg en kleinseun, Ryno Janse van Rensburg, is die twee Sleutel persone wat die besigheid tot nuwe hoogtes wil lei. Tans bestaan die topstrukstuu

r uit 6 finansiële adviseurs en 'n bekwame ondersteuningspan. Die onvervangbare ondervinding wat ons opgedoen het oor 'n aantal dekades het van die onderneming se etos van voortreflike diens, betroubaarheid,
integriteit en gemoedsrus stewig vasgelê. Alhoewel Pollol Nel Makelaars persoonlike sowel as kommersiële versekering ten doel het, spesialiseer ons veral op die gebied van landbouversekering. Ons kan met sekerheid daarop roem dat ons, na jarelange ondervinding te midde van 'n boerdery gemeenskap, die kompleksiteit van agri-sake deeglik onder die knie het. Ons het ook insig en begrip vir ons kommersiële kliente op die platteland en in die stad. Die kliënt word dus te alle tye met eerstehandse advies bedien en van 'n versekeringsproduk voorsien wat nommerpas vir sy spesifieke behoeftes is. Gemoedsrus word toegevoeg deur kundige en betroubare onderskrywers en versekeraars. So 'n persoonlike verstandhouding verseker dat 'n kliënt nooit gesigloos word nie. Ons bou volhardend voort op die goeie verhoudings en voorbeeld wat Pollol nog altyd gestel het. Dit is ‘n voorreg om as tweede en derde generasie op te volg en voort te bou op die fondasie wat Pollol neergelê het. Kliënte is welkom om enige tyd by ons kantoor in te stap en kan daarop reken dat hul as vriende sal uitstap.

03/02/2026

As ‘n mens net 10 sekondes het om iets te sê, en so baie het om te sê, raak dit moeilik!
Deur die video wil ons aan elke kliënt, groot of klein, naby of vêr, baie dankie sê vir julle jare lange ondersteuning.
Vir 38 jaar lank al bedien ons julle met 5 ster diens.
En ons beplan om voort te bou daarop en steeds te verbeter en te groei waar ons kan.
Aan elke lid van die familie / span. Dankie. 🙏
Aan elke kliënt.
Dankie 🙏

22/01/2026
Safire Silver award. Appreciation for excellent service Sean Hewitt. 🙏.
15/10/2025

Safire Silver award. Appreciation for excellent service Sean Hewitt. 🙏.

FIA Advice Summit. Memorable day, motivating guest speaker, Akani Simbine, one of the fastest men worldwide, and informa...
11/10/2025

FIA Advice Summit. Memorable day, motivating guest speaker, Akani Simbine, one of the fastest men worldwide, and informative topics shared by industry leaders. Thank you

Agruma se 12de verjaarsdag viering by Moonshot
25/06/2025

Agruma se 12de verjaarsdag viering by Moonshot

Pongola Akademie besoek Pollol Nel Makelaars om bietjie meer te hoor van Versekering as deel van hul Besigheidstudies si...
02/06/2025

Pongola Akademie besoek Pollol Nel Makelaars om bietjie meer te hoor van Versekering as deel van hul Besigheidstudies sillabis. Hierdie is ons toekomstige enterpreteneuers en kliente. Sterkte met julle Graad 12 jaar. Dis amper tyd vir Rekord eksamen en dan die eindeksamen!

Dankie Santam. Baie insiggewende oggend. Julle stel nooit teleur nie. Silwer toekenning 🏆
02/06/2025

Dankie Santam. Baie insiggewende oggend. Julle stel nooit teleur nie. Silwer toekenning 🏆

Nemicke Botha het op 1 April by die Pollol Nel Span aangesluit en ons is baie opgewonde om die pad na volwaardige Finans...
07/04/2025

Nemicke Botha het op 1 April by die Pollol Nel Span aangesluit en ons is baie opgewonde om die pad na volwaardige Finansiële Adviseur saam met haar te stap. Nemicke begin haar loopbaan by die Eise afdeling waar sy vir Tessa van Wyk sal bystaan in die besige eise-afdeling.

Welkom Nemicke Botha.

23/12/2024

Elsie Mostert, baie geluk met jou 70 ste verjaarsdag vandag! Jy is ‘n voorbeeld vir almal in die kantoor.
Jy is ‘n ystervrou wat die afgelope jaar gewys het hoe innerlike krag en geloof jou gedra het deur moeilike tye.

Dankie vir jou jarelange kennis en ondervinding wat jy graag deel met almal in die kantoor. Jy is ‘n raakvatter.

Dankie vir jou sin van humor en grappies om almal op hul tone te hou. Jy hou die atmosfeer altyd lig.

Ons wens jou oorvloed liefde en goeie gesondheid toe vir hierdie nuwe lewensjaar.

Dankie vir alles wat jy vir Pollol Nel Makelaars doen en beteken.

So ‘n onverdiende lekkerte vandag gekry! Dankie aan julle almal. Julle maak ons hande so sterk en help die skip voorento...
16/10/2024

So ‘n onverdiende lekkerte vandag gekry! Dankie aan julle almal. Julle maak ons hande so sterk en help die skip voorentoe stuur. Ons kon nie vir beter gevra het nie. Tessa van Wyk Ristel Botha Melissa Van Zyl Ruan Kruger Elsie Mostert Ryno van Rensburg Corrie van Rensburg Pollol Nel Insurance Brokers

Hierdie “Champ” verjaar vandag! Baie geluk Ristel. Ons almal by Pollol Nel Makelaars wens jou net die beste toe hierdie ...
31/05/2024

Hierdie “Champ” verjaar vandag! Baie geluk Ristel. Ons almal by Pollol Nel Makelaars wens jou net die beste toe hierdie nuwe lewensjaar.

Address

183 PIET RETIEF Street
Pongola
3170

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Pollol Nel Insurance Brokers posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Pollol Nel Insurance Brokers:

Share