14/01/2023
41.
Dit het in ’n oogwink gebeur en snaaks genoeg sit hy heel gemaklik op my skouers. Hoe maak mens sin van 41 jaar wat voel asof 70 jaar daar iewers binne ingedruk is? Storms, hartseer, vrede en geluk in een hoofstuk.
Ek kan nie hierdie dag sonder ’n diep gevoel van dankbaarheid laat verby gaan nie. Ek skop my nuwe lewensjaar af met hoop, liefde, geloof en ‘n hart vol dankbaarheid. My verjaarsdag geskenk aan myself is nuwe passie vir alles wat ek doen. ‘n Dieper liefde vir alles en almal na aan my, insluitend myself. Meer geduld, veral vir situasies wat buite my beheer is. ‘n Tipe vrede wat kalmte bring om te besef dat ek is waar ek is vir ‘n tyd soos nou en ‘n rus wat net in God gevind kan word.
Jy mag as ‘n verjaarsdag geskenk aan my, dit vir jouself ook gee.
Mag liefde weer die taal van almal se harte word en die wêreld ‘n beter plek word omdat ons in Hom is.
Geluk met my verjaarsdag aan almal❤️