08/06/2020
COVID-19 het vir almal van ons se finansiele beplanning negatief beinvloed. Meeste van ons word gekonfronteer met onsekerhede t.o.v. werksekerheid en inkomstevermindering. Die gevolg is dat ons begrotingsaanpassings moet maak. Alhoewel die pandemie die belangrikheid van lewensversekering , as n skans teen potensiele finansiele verliese beklemtoon, kan baie mense onder die huidige omstandighede nie hul polisse bekostig nie.
Gevolglik is daar net twee opsies,nl. Om of jou polisse te kanseleer of om die premies tydelik te verlaag..Altwee opsies is riskant, want n mens kan gedurende hierdie tydperk toestande ontwikkel wat tot gevolg het dat daar n belading op die premie is, of dat die aansoek in sekere gevalle geweier word.. Beide opsies kan veroorsaak dat n mens sonder noodsaaklike lewensdekking eindig.
Daar is darem wel lig in die tonnel. Maak seker dat die polisse wat jy tans het, toekomsdekking insluit. In meeste gevalle moet jy ekstra betaal vir hierdie opsie wat weer bekostigbaarheid van jou polisse beeinvloed. Tweedens moet jy gewoonlik weer mediese ondersrywing ondergaan as n voorwaarde om jou dekking te verhoog. Onder Needs-Matched polisse word toekomsdekking wel automaties ingesluit en betaal jy nie ekstra vir hierdie opsie nie, en jy kan jou dekking verhoog sonder mediese onderskrywing. Hierdie opsie is nommerpas vir die huidige situasie,nl dat jy die premie kan kies wat jy kan bekostig en jy sekerheid het dat jy later wanneer jy dit weer kan bekostig, jou dekking verhoog.