OSK Koöperatiewe Bank

Call Directions Contact the business

OSK Koöperatiewe Bank Gemeenskapsbankdienste
(1)

11/06/2026
- - - - - - VAKANTE BETREKKING - - - - - -Aansoeke word hiermee ingewag van geskikte persone om aansoek te doen vir die ...
11/06/2026

- - - - - - VAKANTE BETREKKING - - - - - -

Aansoeke word hiermee ingewag van geskikte persone om aansoek te doen vir die pos van
TELLER / TOONBANKBEAMPTE
by OSK Koöperatiewe Bank Beperk te Orania.

Die aansoeker moet aan die volgende vereistes voldoen -

o Verblyfreg in Orania;
o Matriek of gelykstaande kwalifikasie;
o Geen kriminele rekord;
o Eerlik wees en akkuraat met syfers kan werk;
o Basiese rekenaarvaardigheid;
o Vermoë hê om met kontant (Rande en Oras) te werk;
o Vriendelikheid en goeie menseverhoudinge;
o Sober gewoontes, lojaal en betroubaar

Vorige agtergrond en ondervinding sal in die aansoeker se guns tel.

Salaris, voordele en ander vereistes sal tydens onderhoud bespreek word.

Diensaanvaarding: 1 Julie 2026 (of so spoedig moontlik)

Aansoekvorms is beskikbaar by OSK en moet vergesel word van 'n volledige CV van die aansoker.

Aansoeke sluit op Vrydag 19 Junie 2026 om 16:00.

Navrae: Hanri Maritz - Tel. 053 207 0010
Epos: [email protected]

Gemeenskapsbankdienste

29/04/2026

GEEN ELEKTRONIESE FONDSOORPLASINGS OP 1 MEI 2026

Neem asb. kennis dat daar op Vrydag 1 Mei 2026 (Werkersdag) geen elektroniese fondsoorplasings (EFT's) na ander banke gedoen kan word nie, aangesien "Domestic Business Online'- transaksies nie op RSA vakansiedae gedoen kan word nie.

Beplan asb. u fondsoorplasings na buitebanke sodanig dat u betaling betyds in u buitebankrekening wys vir u debietorders en ander transaksies rondom maandeinde.

NOG NET 2 DAE OOR!!!Ons herinner u net weer dat alle H-reeks Oras op 1 Mei 2026 verval en daarna waardeloos sal wees.  O...
29/04/2026

NOG NET 2 DAE OOR!!!

Ons herinner u net weer dat alle H-reeks Oras op 1 Mei 2026 verval en daarna waardeloos sal wees. Ons doen hiermee 'n dringende beroep op al ons lede om so spoedig moontlik alle H-reeks Oras by OSK in te betaal of dit om te ruil vir kontant of vir die nuwe I-reeks.

Gemeenskapsbankdienste

13/04/2026
VAKANTE BETREKKINGAansoeke word ingewag van geskikte persone om aansoek te doen vir die pos vanTELLER/TOONBANKBEAMPTEby ...
28/03/2025

VAKANTE BETREKKING

Aansoeke word ingewag van geskikte persone om aansoek te doen vir die pos van
TELLER/TOONBANKBEAMPTE
by OSK Koöperatiewe Bank Beperk te Orania.

Die aansoeker moet aan die volgende vereistes voldoen -
- oor verblyfreg in Orania beskik;
- eerlik wees en akkuraat met syfers kan werk;
- oor basiese rekenaarvaardigheid beskik;
- vermoë hê om met kontant (Rande en Oras) te werk;
- vriendelikheid en goeie menseverhoudinge;
- sober gewoontes, lojaal en betroubaar

Vorige agtergrond en ondervinding sal in die aansoeker se guns tel.

Salaris, voordele en ander vereistes sal tydens onderhoud bespreek word.

Diensaanvaarding: 1 Mei 2025 (of so spoedig moontlik)

Aansoekvorms is beskikbaar by OSK en moet vergesel word van volledige CV van die aansoeker.

Aansoeke sluit op Vrydag 11 April 2025 om 16:00.

Navrae: Hanri Maritz - Tel 053 207 0010
Epos: [email protected]

Gemeenskapsbankdienste

OSK GESLUIT OP ORANIA VAKANSIEDAG (MAJUBADAG)Neem asb. kennis dat OSK gesluit sal wees op Donderdag 27 Februarie 2025 (M...
20/02/2025

OSK GESLUIT OP ORANIA VAKANSIEDAG (MAJUBADAG)

Neem asb. kennis dat OSK gesluit sal wees op Donderdag 27 Februarie 2025 (Majubadag) wat 'n amptelike Orania vakansiedag is.

Gemeenskapsbankdienste

19/02/2025

Neem asb. kennis dat OSK se rentekoerse op spaarrekeninge en vaste beleggings op 1 Maart 2025 met 0,5% verlaag in reaksie op die 0,75% afwaartse aanpassing deur die Reserwebank sedert November 2024.

Ons moedig ons lede aan om vir oulaas voordeel te trek uit die huidige hoër rentekoerse wat nog sal geld op alle nuwe vaste beleggings wat gemaak word voor of op 28 Februarie 2025.

Die rentekoersverlagings raak nie bestaande vaste beleggings nie en gaan dit voort teen die koers waarteen dit belê is tot by die vervaldatum daarvan.

OSK is 'n gemeenskapsbank - uit die gemeenskap, vir die gemeenskap.  Ons is nie primêr op winsbejag ingestel nie, maar f...
15/02/2025

OSK is 'n gemeenskapsbank - uit die gemeenskap, vir die gemeenskap. Ons is nie primêr op winsbejag ingestel nie, maar fokus op die verskaffing van basiese bankdienste aan die gemeenskap van Orania. Waar moontlik, ploeg ons terug in die gemeenskap by wyse van donasies en skenkings en kon daarin slaag om die laaste 2 jaar meer as R750 000 tot verskillende instansies en projekte in Orania by te dra. Dit geskied op rotasiebasis en hierdie maand was dit Kieliepensies se b***t. Ons glo en vertrou hierdie skenking sal tot groot seën en voordeel vir vroeë kinderontwikkeling by Kieliepensies aangewend kan word.

Address

Smaragstraat 135
Orania

Opening Hours

Monday 09:00 - 13:00
14:00 - 16:00
Tuesday 09:00 - 13:00
14:00 - 16:00
Wednesday 09:00 - 13:00
14:00 - 16:00
Thursday 09:00 - 13:00
14:00 - 16:00
Friday 09:00 - 16:00
Saturday 09:00 - 11:00

Telephone

+27532070010

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when OSK Koöperatiewe Bank posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to OSK Koöperatiewe Bank:

Shortcuts

Share