Bosveldsig Sekuriteit Aftree-oord

Bosveldsig Sekuriteit Aftree-oord Bosveldsig Aftree-oord is geleë op die hoogste gedeelte van Modimolle/ Nylstroom, naby die bekende watertoring met 'n uitsig oor die Waterberge.

Wanneer 'n mens die dag aftree wil jy graag veilig en rustig woon met alles wat die lewe aangenaam maak. Terseldertyd wil 'n mens egter ook 'n vriendelike en aangename atmosfeer, maksimum veiligheid en finansiële gemoedsrus hê. Jy wil naby dokters, winkels, banke, kerke en ontspanningsgeriewe woon. BOSVELDSIG bied dit alles en nog baie meer. Die aftree-oord is geleë op die hoogste gedeelte van Nyl

stroom, naby die bekende watertoring met 'n uitsig oor die Waterberge met sy klowe en pragtige bome. NYLSTROOM is 'n bekoorlike plattelandse dorp met skoon, onbesoedelde lug en pragtige natuurskoon. Die dorp lê een en 'n half uur se ry noord van Pretoria met 'n gerieflike snelweg. Nylstroom het 'n baie aangename, gelykmatige klimaat met soel someraande en warm wintersdae. Die finale fase van BOSVELDSIG is vir persone met geen kinders onder 18 jaar. Kinders, kleinkinders, familie en vriende mag kom kuier wanneer hulle wil. Klein troeteldiere word toegelaat. DIE FASE bestaan uit 11 groot erwe waar u die boustyl, plan en afwerkings kan kies. Asook 41 wooneenhede wat vooraf gebou word. Die vooraf geboude eenhede in die Fase bestaan uit 2 slaapkamers, 2 badkamers met "skylights", 'n ruim sit-eetkamer, oop plan kombuis met aparte opwas. U het 'n keuse tussen enkel of dubbel motorhuis. 10 dubbel motorhuis-eenhede en 31 enkel motorhuis-eenhede word gebou. Die materiaal en afwerkings is van hoogstaande gehalte. Die struktuur word met Kiaat Travertine sierstene gebou en Terracotta beton dakteëls word vir die dakke gebruik. Koppelings vir 'n wasmasjien en skottelgoedwasser word voorsien. Die kombuis is toegerus met 'n Defy waaieroond met aparte plate en 'n uitsuigapperaat. Die kombuiskaste sluit 'n hoek-kruidenierskas in. Die kombuis sowel as die badkamers se mure is tot teen die plafon geteël. Teëls word op alle vloere, behalwe die twee slaapkamers aangebring. 'n Duursame mat nl. "Tuscany", uit die Belgotex reeks, word in die twee slaapkamers voorsien. Die oprit en die paadjie na die voordeur word plavei. By voltooiing van die projek sal BOSVELDSIG uit 8 FASES bestaan met 'n totaal van 430 huise. Sewe van die agt fases is reeds voltooi. Elke fase is afsonderlik beveilig met sy eie veiligheids omheining, outomatiese beheerde hek en interkomstelsel. Dié Finale fase se OMHEINING is geëlektrifiseer. Niemand kan by 'n fase ingaan as 'n persoon nie deur die inwoners ingelaat word nie. Daar is dus geen wagte by die ingange nie. Ons glo dat kleiner fases beter beveilig kan word as een groot ontwikkeling. Aangesien die ingangshek en interkomstelsel aan die inwoners van 'n fase behoort, word daar 'n klein komitee deur die inwoners gekies wat dan die instandhouding van die stelsel onderhou. 'n Fooi van R50 per maand per huishouding word gehef. Die koper ontvang VOLTITEL en OORDRAGSKOSTE is ingesluit. Voltitel van u woonhuis beteken dat alle waardestygings u toekom. In aftree oorde met 'n beheerliggaam ontvang persone wat hulle huise verkoop dikwels net hul oorspronklike koopprys of 'n geringe styging in die waarde daarvan. In Bosveldsig ontvang u die volle waarde van u huis wanneer u dit weer verkoop. Die eienaar ontvang slegs 'n munisipale rekening vir waterverbruik, erfbelasting, riool en vullisverwydering. Die eenhede in die finale fase word toegerus met 'n Eskom kragkaart stelsel . Die stadsraad is verantwoordelik vir die instandhouding van die paaie,straatligte en ander dienste in die fases.Geen addisionele heffings is betaalbaar nie. Enige persoon wat 'n RUSTIGE, aangename klimaat, VEILIGHEID en finansiële GEMOEDSRUS soek en tog naby groot stede wil woon, kan met gerustheid belê in ’n aftree-huis in BOSVELDSIG. Dit is ook 'n baie goeie beleggings geleentheid en verhuring is baie gewild.

As jy plek soek waar die stiltes jou nooit sal verveel, waar die sonsondergang van die bosveld, enige siel sal aanraak e...
07/09/2026

As jy plek soek waar die stiltes jou nooit sal verveel, waar die sonsondergang van die bosveld, enige siel sal aanraak en opbeur. Kom besigtig die plek in Bosveldsig sekuriteits en Aftree-oord in Modimolle. Limpopo

Verwysing A289
R1 585 000

3 x Slaapkamers
2 x Badkamers
Oopplan sit/eetkamer en kombuis met eikehoutkaste
Aparte opwaskamer
Dubbel motorhuis
Karavaanafdak met roldeure
Heerlike noordestoep
Stoorkamer

Ouderdomsbeperking bo 50 jaar.

Voltitel met GEEN maandelikse heffing

Kontak gerus vir Nelie Schutte
Kantoorno : 014 717 3654 of
Selfoonno : 071 685 2927
Eposadres : [email protected]

01/09/2026

2 x Slaapkamer eenheid te Huur in Modimolle
Geen ouderdomsbeperking

Kontak gerus vir Nelie Schutte vir verdere besonderhede:
Kantoorno : 014 717 3654 of
Selfoonno : 071 685 2927

Pragtige ruim woning in die hart van Bosveldsig Sekuriteits en Aftree-oord MODIMOLLE LIMPOPO Jou ideale aftreehuis met r...
24/08/2026

Pragtige ruim woning in die hart van Bosveldsig Sekuriteits en Aftree-oord
MODIMOLLE LIMPOPO
Jou ideale aftreehuis met ruimte, veiligheid en Bosveldse rustigheid.

Prys R2 650 000
Verw: A287

EIENDOMSKENMERKE
3 Slaapkamers met ’n gerieflike klein studeerhoekie
3 Badkamers
Ruim oopplan-sitkamer, eetkamer en moderne kombuis
2 Lugversorgers
Watertenks vir ekstra watervoorsiening
2 Motorhuise met ’n ekstra afdak
Aangename braaiplek vir lekker kuier
Alarmstelsel met beams en sekuriteitsligte
Ongelooflik mooi, gevestigde tuin wat die eiendom besonders laat uitstaan
’n Ruim, moderne en goed toegeruste woning wat veiligheid, gerief en ’n pragtige Bosveldomgewing perfek kombineer.

Ouderdomsbeperking: 50 jaar en ouer
Voltitel met GEEN maandelikse heffing

📞 KONTAK VIR ’N BESIGTIGING
Nelie Schutte
Kantoornommer: 014 717 3654
Selfoon: 071 685 2927
E-pos: [email protected]

10/08/2026

PRAGTIGE RUIM WONING TE KOOP
BOSVELDSIG SEKURITEITS- EN AFTREEOORD | MODIMOLLE, LIMPOPO
Verwysingsnommer: 286
Prys: R1 880 000
Ontdek die ideale kombinasie van gerief, veiligheid en rustige Bosveld-leefstyl in hierdie goed versorgde woning in die gewilde Bosveldsig Sekuriteits- en Aftreeoord

EIENDOMSEIENSKAPPE
• 3 Slaapkamers
• 2 Badkamers
• Oopplan sit-, eetkamer en kombuis en opwaskamer
• Nuwe PVC-houtvloere
• Kameras met alarmstelsel
• Watersuiweringstelsel
• 3 Ekstra groot watertenks, gekoppel aan die huis met suiweringsstelsel.
• 2 Motorhuise met outomatiese deure
• Heerlike kuierplek met ingeboude pizza-oond
• Sonnige sonstoep
• Ekonomiese, maklik hanteerbare tuin

BOSVELDSIG LEWENSTYL
Geniet die rustigheid van die Bosveld in ’n veilige en gevestigde omgewing, met alles wat jy nodig het vir ’n gemaklike en sorgelose leefstyl.

Ouderdomsbeperking: 50 jaar en ouer
Dierevriendelik: Slegs klein hondjies
Voltitel met GEEN maandelikse heffing

📞 KONTAK VIR ’N BESIGTIGING
Nelie Schutte
Kantoornommer: 014 717 3654
Selfoon: 071 685 2927
E-pos: [email protected]

10/08/2026

PRAGTIGE RUIM WONING TE KOOP – BOSVELDSIG SEKURITEITS- EN AFTREEOORD, MODIMOLLE

Verwysingsnommer: A285
Prys: R1 800 000

Ervaar die rustigheid en veiligheid van Bosveldsig, waar gemaklike aftreelewe en die natuurlike bosveld hand aan hand gaan.
Hierdie ruim en goed toegeruste woning bied alles wat jy nodig het vir ’n gerieflike, veilige en sorgelose leefstyl.

• 3 slaapkamers huis waarvan 2 uitermatige ruim kamers is en die derde een kan ook as kantoor/naaldwerkkamer gebruik word
• 2 Badkamers
• Ruim kombuis met ’n groot dakvenster (skylight) en pragtige kiaathoutkaste
• Aparte opwaskamer met spens
• Watersuiweraar
• Gerieflike stoorkamer
• Lang karavaanafdak
• 2 x Motorhuise met ingeboude kaste.
• Pragtige grasdak-lapa met ingeboude braai – ideaal vir kuier en ontspanning
• Sonstoep met glas wat naatloos deel vorm van die sitkamer
• Ekonomiese, maklik hanteerbare tuin
’n Ideale geleentheid vir persone 50+ wat op soek is na ’n veilige, rustige en gemaklike aftree-omgewing in die hart van die Limpopo-bosveld.
Maak hierdie pragtige woning jou nuwe tuiste en geniet die Bosveldsig-leefstyl!

Ouderdomsbeperking bo 50 jaar.
Dierevriendelik ( Slegs klein hondjies)

Voltitel met GEEN maandelikse heffing

Kontak gerus vir Nelie Schutte
Kantoorno : 014 717 3654 of
Selfoonno : 071 685 2927
Eposadres : [email protected]

09/08/2026

BOSVELDSIG – LUUKSE, MODERNE EN ENERGIE-DOELTREFFENDE AFTREEHUIS
Verw: A284
Prys: R2 100 000

Hierdie uitsonderlik netjiese en instap-gereed woning bied 167 m² se gerieflike leefruimte op 'n 600 m² erf in die gewilde Bosveldsig Aftreeoord, Modimolle.
Die huis is met sorg opgegradeer en bied talle premium-eienskappe wat selde saam in een woning voorkom.
Eiendomskenmerke:
2 ruim slaapkamers.
3 moderne badkamers.
Groot oopplan-sitkamer, eetkamer en kombuis.
Ruim onderdak-veranda.
Groot oop onthaalarea met ingeboude braai.
2 toesluitmotorhuise.
Toesluit-syafdak vir 'n ekstra voertuig of sleepwa.
Netjiese werkswinkel met elektrisiteit.
Pragtige gevestigde tuin met outomatiese besproeiing.
Veiligheidsmuur rondom die eiendom.
Vergrote tuin wat die aangrensende serwituut optimaal benut.
Energie- en water-onafhanklikheid:
Sonkragstelsel.
Isotherm-dakisolasie vir uitstekende temperatuurbeheer en energiebesparing.
10 000 liter waterberging.
Gevorderde Big Boy-waterfiltrasiestelsel met 5-mikron sedimentfilter, geaktiveerde koolstoffilter, 1-mikron filter en UV-ontsmetting vir skoon water deur die hele huis.
Tegnologie en gerief:
WiFi is regdeur die huis beskikbaar.
Elke kamer is toegerus met USB-/laaipunte in die muur vir die gerieflike laai van selfone, tablette en ander elektroniese toestelle.
Die woning is uitstekend onderhou en is werklik instap-gereed.
Hierdie is 'n unieke geleentheid vir kopers wat op soek is na 'n luukse, veilige en lae-onderhoud aftreewoning met moderne geriewe, energiedoeltreffendheid en watersekerheid.

Ouderdomsbeperking bo 50 jaar.
Dierevriendelik ( Slegs klein hondjies)

Voltitel met GEEN maandelikse heffing

Kontak gerus vir Nelie Schutte
Kantoorno : 014 717 3654 of
Selfoonno : 071 685 2927
Eposadres : [email protected]

29/07/2026

Bosveldsig 6 het weer gewys hoe lekker hulle kan saamkuier! Hulle heerlike spitbraai was gevul met groot gelag, goeie geselskap en kos wat uit die boonste rakke was. Sulke oomblikke bou mooi herinneringe en versterk hul gemeenskapsgees.

PRYS VERLAAG.Verruil die beton oerwoud vir 'n stukkie van jou eie bosveld. 'n Bosveldhuis vol nostalgie en warmte met 'n...
12/06/2026

PRYS VERLAAG.

Verruil die beton oerwoud vir 'n stukkie van jou eie bosveld. 'n Bosveldhuis vol nostalgie en warmte met 'n gevoel van ruimte en vrede. Kom besigtig die netjiese huis in Bosveldsig sekuriteits en Aftree-oord in Modimolle. Limpopo

Verwysing A283
R1 995 000

3 x Slaapkamers
Hoofslaapkamer het klein lessenaarspasie
2 x badkamers
Ruim sit/ eetkamer
Kombuis met pragtige kaste
Dubbel motorhuis met baie afdakke
Karavaanafdak
Kuierstoep met vensters en skuifdeur
Lapa met harvey teëldak en braai vir laataand kuiertjie
Tuinhuisie vir gereedskap
Sonstelsel

Ouderdomsbeperking bo 50 jaar

Voltitel en geen maandelikse heffing.
Troeteldiervriendelik (klein hondjies)

Kontak gerus vir Nelie Schutte
Kantoorno : 014 717 3654 of
Selfoonno : 071 685 2927
Eposadres : [email protected]

12/06/2026

Bosveldsig Sekuriteits Aftree-oord, geleë in die hart van die pragtige Waterberge van Modimolle, Limpopo, bied 'n rustige en veilige leefomgewing. Die oord bestaan uit agt fases met voltitel-eenhede waar inwoners die Bosveldlewe ten volle kan geniet. Lieflike stappaadjies kronkel rondom die netjiese huise, groen grasperke en skaduryke bome. Hier kan inwoners gereeld die vrolike tarentale sien rondstap, terwyl vlakvarke en selfs klein bokkies van tyd tot tyd kom kuier – 'n ware Bosveld-ervaring van vrede, veiligheid en natuurskoon.

Bosveld-huis te koop – Rustigheid en gerief in perfekte harmonieOntsnap na die stilte en rustigheid van die Bosveld met ...
05/06/2026

Bosveld-huis te koop – Rustigheid en gerief in perfekte harmonie
Ontsnap na die stilte en rustigheid van die Bosveld met hierdie netjiese, lae instandhouding woning wat gemak, praktiese geriewe en heerlike kuierarea bied. Ideaal vir rustige aftrede in ontspanne omgewing.
Kom besigtig die baie netjiese woning in Bosveldsig sekuriteits en Aftree-oord in Modimolle. Limpopo

Verwysing A282
R1 700 000

Eiendomskenmerke:
3 slaapkamers
2 badkamers met stort
Lieflike kombuis met aparte opwaskamer
Groot oopplan sit/ eetkamer
Heerlike kuierstoep met ingeboude braai
2 x Motorhuise
Watersuiweraar
Watertenk
Netjiese tuin – maklik om te onderhou

Kontak ons vandag om hierdie besondere Bosveld-eiendom te besigtig!

Ouderdomsbeperking bo 50 jaar
Dierevriendelik (slegs klein hondjies)
Voltitel met GEEN heffings

Kontak gerus vir Nelie Schutte
Kantoorno : 014 717 3654 of
Selfoonno : 071 685 2927
Eposadres : [email protected]

Address

28 Maroela Avenue
Nylstroom
0510

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:30
Tuesday 08:00 - 16:30
Wednesday 08:00 - 16:30
Thursday 08:00 - 16:30
Friday 08:00 - 12:30

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Bosveldsig Sekuriteit Aftree-oord posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Bosveldsig Sekuriteit Aftree-oord:

Shortcuts

Share