DN Makelaars

Call Directions Website Contact the business

DN Makelaars Short term insurance brokers, focussing on personal, commercial, agricultural & specalised products

DN Makelaars wens Chrismari Aucamp van harte geluk met haar aanstelling as die nuwe skoolhoof van Hoërskool Lydenburg.Di...
15/09/2026

DN Makelaars wens Chrismari Aucamp van harte geluk met haar aanstelling as die nuwe skoolhoof van Hoërskool Lydenburg.

Dit is ’n besondere mylpaal en ’n welverdiende aanstelling. Mag hierdie nuwe hoofstuk gekenmerk word deur wysheid, groei, sukses en ’n blywende positiewe invloed op elke leerder en personeellid.

Ons wens jou alle voorspoed toe met die groot taak wat voorlê. Hoërskool Lydenburg is in goeie hande!

Baie geluk, Chrismari!
💙 Die span van DN Makelaars

🌾 BOER JY VIR DIE VOLGENDE OES? MAAK SEKER JY BESKERM HOM OOK. 🌾Daar is toenemende aanduidings dat El Niño-toestande ’n ...
10/09/2026

🌾 BOER JY VIR DIE VOLGENDE OES? MAAK SEKER JY BESKERM HOM OOK. 🌾

Daar is toenemende aanduidings dat El Niño-toestande ’n rol in die komende seisoen kan speel. Vir ’n boer beteken onseker weerstoestande een ding: risiko. 🌦️☀️⛈️

Jy kan nie die weer beheer nie — maar jy kan seker maak dat jou boerdery beter voorbereid is wanneer die natuur sy eie planne maak.

🌽 Oesversekering kan ’n belangrike deel van jou risikobestuur wees en, afhangend van jou dekking, beskerming bied teen gevare soos:
• Hael
• Brand
• Transito
• En ander versekerbare risiko’s

Moenie wag totdat die wolke saampak — of nié saampak nie. 🌾

Praat betyds met DN Makelaars oor die regte oesversekering vir jou boerdery en die komende plantseisoen.

📞 013 235 1734
📧 [email protected]

DN Makelaars – ons verstaan dat ’n oes meer as net ’n gewas is. Dit is jou inkomste, jou belegging en jou toekoms. 🌱

⛳️ DN Makelaars op die gholfbaan! 🏌️‍♂️☀️Wessel Davel en André Nel het die stokke uitgehaal en behoorlik lekker gaan gho...
29/08/2026

⛳️ DN Makelaars op die gholfbaan! 🏌️‍♂️☀️

Wessel Davel en André Nel het die stokke uitgehaal en behoorlik lekker gaan gholf speel by Laerskool Ohrigstad se Gholfdag! ⛳️

Dit was ongelooflik lekker om deel te kon wees van so ’n gesellige dag en ’n geleentheid wat ons plaaslike gemeenskap ondersteun. 💙

Dankie aan Laerskool Ohrigstad vir ’n puik georganiseerde dag – goeie geselskap, lekker gholf en sommer baie pret! 👏🏻

DN Makelaars – ons is trots om deel van ons gemeenskap te wees. 💙

⛳️

🇿🇦💚💛 BOK-VRYDAG by DN Makelaars! 💛💚🇿🇦Daar is min dinge wat Suid-Afrikaners so lekker saambring soos Bok-Vrydag! 🏉🙌Vandag...
21/08/2026

🇿🇦💚💛 BOK-VRYDAG by DN Makelaars! 💛💚🇿🇦

Daar is min dinge wat Suid-Afrikaners so lekker saambring soos Bok-Vrydag! 🏉🙌

Vandag verruil ons span die gewone werksdrag vir groen en goud en staan ons trots agter ons Bokke! 🇿🇦

By DN Makelaars glo ons in spanwerk, deursettingsvermoë en om mekaar te ondersteun – op én van die veld af. 💪🏻

Kom Bokke! Die DN-span staan agter julle! 🏉🇿🇦🔥

Verhoudings. Groei. Geleenthede. 🤝💜Ons makelaars by DN Makelaars het onlangs die voorreg gehad om Hollard se “Connecting...
18/08/2026

Verhoudings. Groei. Geleenthede. 🤝💜

Ons makelaars by DN Makelaars het onlangs die voorreg gehad om Hollard se “Connecting the Dots” Roadshow by te woon.

Dit was ’n waardevolle geleentheid om nuwe insigte op te doen, idees uit te ruil en verder te bou aan die sterk verhoudings wat ons in die versekeringsbedryf koester.

By DN Makelaars glo ons dat goeie versekering oor méér as net ’n polis gaan – dit gaan oor mense, vertroue, kundigheid en sterk vennootskappe. Daarom waardeer ons geleenthede soos hierdie waar ons kan leer, groei en op hoogte bly van ontwikkelinge in die bedryf, sodat ons steeds die beste moontlike diens en advies aan ons kliënte kan bied.

Baie dankie aan Hollard Insure vir ’n uitstekende en insiggewende geleentheid. Ons sien uit daarna om die kolletjies verder te verbind en saam nuwe geleenthede te skep! 💜

DN Makelaars – jou versekering, ons prioriteit.

💡 Interessante feit oor versekeringBaie mense kies ’n versekeringspolis op grond van die laagste premie. Maar het jy gew...
27/07/2026

💡 Interessante feit oor versekering

Baie mense kies ’n versekeringspolis op grond van die laagste premie. Maar het jy geweet dat die goedkoopste opsie jou uiteindelik die duurste kan kos?

Wanneer jy versekering vergelyk, is dit belangrik om verder te kyk as net die maandelikse premie. Let ook op:
✔️ Jou bybetaling (excess)
✔️ Watter risiko’s gedek word
✔️ Watter uitsluitings van toepassing is
✔️ Die kwaliteit van die dekking

’n Laer premie beteken soms minder dekking of ’n hoër bybetaling wanneer jy ’n eis indien.

By DN Makelaars help ons jou om die regte balans tussen premie, dekking en gemoedsrus te vind – sodat jy met vertroue kan weet waarvoor jy verseker is.

📞 Kontak ons gerus as jy wil hê ons moet jou huidige polis saam met jou deurgaan.

Vir meer inligting of ‘n kwotasie:
📧 [email protected]
📞 013 235 1734
💻 www.dnmakelaars.co.za
🏠 Burger str 29, Lydenburg, 1120


🚗 Het jy ekstra’s op jou voertuig aangebring? Maak seker dit is verseker!Baie voertuig-eienaars voeg mettertyd ekstra to...
20/07/2026

🚗 Het jy ekstra’s op jou voertuig aangebring? Maak seker dit is verseker!

Baie voertuig-eienaars voeg mettertyd ekstra toerusting by hul voertuie, maar besef nie dat hierdie nie outomaties by jou voertuig se versekeringsdekking ingesluit is nie.

Voorbeelde van ekstra’s sluit in:
✅ Bull bar
✅ Roll bar
✅ Spot lights
✅ Tralies op die bak
✅ Canopy
✅ Tow bar / Haak
✅ Mag wheels
✅ Vehicle wrapping / branding vir besigheidsadvertensies
…en enige ander bykomstighede wat ná aankoop aangebring is.

⚠️ Om vir hierdie ekstra’s gedek te wees, moet dit gespesifiseer word met die korrekte waarde op jou polis. Indien dit nie gedoen word nie, kan dit beteken dat jy by ’n eis nie vergoeding vir daardie ekstra’s ontvang nie.

💡 Ons raad: Elke keer wanneer jy nuwe ekstra’s op jou voertuig laat aanbring, stel jou makelaar so gou moontlik in kennis. Só kan jou polis opgedateer word en het jy die gemoedsrus hê dat alles behoorlik verseker is.

Vir meer inligting of ’n kwotasie:
📧 [email protected]
📞 013 235 1734
💻 www.dnmakelaars.co.za
🏠 Burger str 29, Lydenburg, 1120

☀️ Is jou sonplaas behoorlik verseker?Met al hoe meer besighede en boerderye wat in sonkrag belê, is dit belangriker as ...
09/07/2026

☀️ Is jou sonplaas behoorlik verseker?

Met al hoe meer besighede en boerderye wat in sonkrag belê, is dit belangriker as ooit om seker te maak dat jou sonplaas of sonkraginstallasie die regte versekeringsdekking het.

Nie alle polisse bied outomaties dekking vir sonkragstelsels nie. Faktore soos die tipe installasie, waarde van die toerusting, batterye, sonpanele en selfs besigheidsverlies ná skade kan ’n groot invloed hê op jou dekking.

By DN Makelaars spesialiseer ons in hierdie nis-mark en beskik ons oor die nodige kennis en ervaring om jou te adviseer oor die regte versekeringsoplossing vir jou sonkragbelegging. Ons werk saam met toonaangewende versekeraars om vir jou ’n oplossing saam te stel wat by jou unieke behoeftes pas.

Moenie wag totdat ’n eis jou laat uitvind dat jy onderverseker is nie. Laat ons jou help om met gemoedsrus in jou sonkragtoekoms te belê.

Vir meer inligting of ’n kwotasie:
📧 [email protected]
📞 013 235 1734
💻 www.dnmakelaars.co.za
🏠 Burger Str 29, Lydenburg, 1120

🚨 Onluste, betogings en skade... Is jy gedek?Met die onlangse betogings en onrus wat op 30 Junie in dele van die land pl...
01/07/2026

🚨 Onluste, betogings en skade... Is jy gedek?

Met die onlangse betogings en onrus wat op 30 Junie in dele van die land plaasgevind het, word baie mense weer herinner aan die belangrikheid van SASRIA-dekking.

Maar wat is SASRIA?
SASRIA (South African Special Risks Insurance Association) bied dekking vir skade of verlies wat veroorsaak word deur:
✅ Onluste
✅ Openbare geweld
✅ Stakings
✅ Betogings
✅ Burgerlike oproer
✅ Sabotasie

Dit beteken dat indien jou voertuig, huis of besigheid beskadig word as gevolg van sulke gebeure, kan SASRIA jou beskerm teen die finansiële verlies.

Die goeie nuus? 🙌
SASRIA-dekking word in die meeste gevalle outomaties by korttermynversekeringspolisse ingesluit, tensy 'n kliënt spesifiek versoek dat die dekking nie ingesluit moet word nie.

By DN Makelaars help ons jou graag om seker te maak dat jy die regte dekking het – sodat jy met gemoedsrus kan weet jy is beskerm wanneer die onverwagte gebeur.

📞 Kontak ons gerus indien jy onseker is oor jou SASRIA-dekking.

Vir meer inligting of ‘n kwotasie:
📧 [email protected]
📞 013 235 1734
💻 www.dnmakelaars.co.za
🏠 Burger str 29, Lydenburg, 1120



DN Makelaars
Ons diens. Ons trots.

DN beteken vandag:D – Die beskermers van hul gesinneN – Nooit te besig vir die mense wat op hulle staatmaak nieAan al di...
21/06/2026

DN beteken vandag:
D – Die beskermers van hul gesinne
N – Nooit te besig vir die mense wat op hulle staatmaak nie

Aan al die pa's, en veral ons drie makelaars, wens ons 'n wonderlike Vadersdag toe.

Dankie vir julle leiding, opoffering en harde werk. Julle maak elke dag 'n verskil.

💙 Gelukkige Vadersdag van die DN Makelaars-span. 💙

Address

Burger Street 29, DN Makelaars
Lydenburg
1120

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 16:30
Thursday 08:00 - 16:30
Friday 08:00 - 16:30

Telephone

0828474775

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when DN Makelaars posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to DN Makelaars:

Shortcuts

Share