20/05/2026
🌱🚜 DN Makelaars bou aan sterker verhoudings en slimmer oplossings vir ons kliënte!
Ons makelaars woon tans die strategiese vergadering van die Jacana Groep in Johannesburg by. Hierdie geleentheid gee ons die kans om saam met leiers in die versekeringsbedryf te gesels oor die toekoms van versekering, nuwe strategieë en hoe ons nóg beter waarde en diens aan ons kliënte kan bied.
By DN Makelaars glo ons dat sterk vennootskappe en voortdurende ontwikkeling belangrik is om AL ons kliënte met die beste moontlike oplossings te ondersteun. 🌾
📸 Op die foto van links na regs:
Nicko Janse van Vuuren, Jean-Marie Potgieter, Andrew Coutts (Hoof Uitvoerende Beampte van Hollard Verseker), André Nel, Wessel Davel (Besturende direkteur van DN Makelaars) en Stephen Hansen (Hoof Uitvoerende Beampte van Jacana Groep).