The Bond Masters

The Bond Masters We help you source a bond or loan at the best possible interest rates. The Bond Masters will also he

From everyone here at The Bond Masters, we wish you all a blessed, happy and safe 2020.
31/12/2019

From everyone here at The Bond Masters, we wish you all a blessed, happy and safe 2020.

Just 80 minutes to go boys. No matter what, you made us proud once again even though we lost faith in you for a while. G...
02/11/2019

Just 80 minutes to go boys. No matter what, you made us proud once again even though we lost faith in you for a while. Good luck and just a few words from Siener Van Rensburg 😉
"En in die Ooste sal jy op grasgroen weivelde seevierend 'n oorwinningslied sing, en lewende water drink uit 'n Goue Graal nadat die Bergbok die Roos verpletter het in die land van die Smaragrooi Bloeisel."
Siener van Rensburg - 1902

 , you are one step close. Good luck boys, we're holding thumbs.
27/10/2019

, you are one step close. Good luck boys, we're holding thumbs.

  we wish you the best of luck for your match on Sunday. May we have some sushi for lunch.
18/10/2019

we wish you the best of luck for your match on Sunday. May we have some sushi for lunch.

We wish the Boks good luck with their battle today. Make us proud boys!
21/09/2019

We wish the Boks good luck with their battle today. Make us proud boys!

Here we go again....... Get your solar systems before its too late. Talk to us about the financials. If you're in Pretor...
19/09/2019

Here we go again....... Get your solar systems before its too late. Talk to us about the financials.
If you're in Pretoria feel free to contact Rudy Lues on 082 091 6200 for your quote on solar systems

The DA says there is a strong possibility of rolling blackouts during September and October 2019.

18/09/2019

We as a service providing company, pride ourselves in delivering the best possible service to you, our clients. We work tirelessly to make sure everything is in perfect order before your application gets submitted. Why? We want to save you the trouble of dealing with call centres and consultants when you miss something. We know where the pitfalls are and we want you to avoid them.

But every now and then we get a client that is unhappy with the way the laws are written in regards to loans against property. Unfortunately that is out of our hands. By calling us scammers won’t change the fact that we can only help if you comply with the rules and regulations set out by the financial institutions. We are a legally registered company; we work with well known lawyers and all banks. We don’t charge any upfront fees for our services and should your application be turned down, there is no fee at all.

Threats made against our consultants and their families will be seen as serious and the necessary legal action will be taken.

13/09/2019

What a busy week. Congrats to the 3 clients with their brand spanking new off the grid solar systems. Enjoy showing it off to your friends.
To the home loan application, we will be holding thumbs on your purchase and to the 2nd bond approval, you'll smile pretty soon.
To the consultants - you guys rock, thank you for the hard work. Enjoy the weekend 😊

We ask the community to please help find this little girl. We pray for her safe return
02/09/2019

We ask the community to please help find this little girl. We pray for her safe return

Kapt. Kay Makhubela, Gautengse polisiewoordvoerder, het gesê vier mans het Amy-Lee omstreeks 08:00 by haar ma gegryp, nadat dié haar by die Laerskool Kollegepark gaan aflaai het.

27/08/2019

Organisasies neem standpunt in teen onteiening sonder vergoeding
Die Ad hoc-groep vir die Beskerming van Eiendomsregte neem kennis van die mosie wat onlangs in die Parlement aanvaar is om die parlementêre Ad hoc-komitee op die Wysiging van Artikel 25 van die Grondwet weer in die lewe te roep.

Die Ad hoc-groep vir die Beskerming van Eiendomsregte neem kennis van die mosie wat onlangs in die Parlement aanvaar is om die parlementêre Ad hoc-komitee op die Wysiging van Artikel 25 van die Grondwet weer in die lewe te roep.

Die Ad hoc-groep vir die Beskerming van Eiendomsregte neem ook kennis van die verslag gelewer deur die Presidensiële Adviespaneel oor Grondhervorming en Landbou, sowel as die minderheidsverslag wat deur twee lede van die Adviespaneel vrygestel is.

Die Ad hoc-groep vir die Beskerming van Eiendomsregte* is ʼn informele groepering van organisasies wat sedert 2008 gereeld ontmoet om oor sake van gemeenskaplike belang te besin, en veral pogings tot onteiening van grond en ander eiendom teen te staan. Die Ad hoc-groep het op Vrydag 16 Augustus 2019 in Pretoria vergader.

Die sameroeper van die Ad hoc-groep, mnr. Jaco Schoeman, sê tydens die afgelope vergadering dat Suid-Afrika en sy inwoners se toekoms te kosbaar is om toe te laat dat die drakoniese idee van onteiening sonder vergoeding kan voortgaan. Te midde van verslegtende armoede en werkloosheidsyfers, volhard die regering in sy najaag van skadelike en gevaarlike beleid wat geen oplossings bied vir die sosio-ekonomiese kwessies wat Suid-Afrika in die gesig staar nie. Inteendeel, beleide soos onteiening sonder vergoeding ondermyn verder fundamentele ekonomiese en ander strukture en stelsels in die land en staan as enorme bedreiging vir ekonomiese en meegaande sosiale vooruitgang.

Die Ad hoc-groep vir die Beskerming van Eiendomsregte word tydens sy onlangse vergadering voorgelig deur prof. André Duvenhage van NWU. Prof. Duvenhage skets die ideologiese agtergrond en klimaat waarbinne die voorgestelde grondwetwysigings nagejaag word, en lig ook verskeie bedreigings vir die Suid-Afrikaanse samelewing uit, sowel as die aanbevelings van die Presidensiële Adviespaneel oor Grondhervorming en Landbou. Prof. Duvenhage meld verder dat dit die regering se primêre verantwoordelikheid is om orde, stabiliteit en veiligheid aan die land se inwoners te voorsien, en ook om ‘n klimaat te skep waarbinne beleggers veilig voel om hul kapitaal te belê. In beide hierdie opsigte faal die ANC-regering Suid-Afrika heeltemal. Prof. Duvenhage voer aan dat daar tans meer rasgebaseerde wetgewing in die uitvoering van beleid is, as tydens apartheid. Die staat word al meer disfunksioneel met infrastruktuur en dienslewering wat in duie stort. Prof. Duvenhage meen dat alle beplanning van die burgerlike samelewing daarop gerig moet wees om buite die staatsomgewing te funksioneer.

Verskeie belangrike sake word tydens die vergadering bespreek, en die onderskeie organisasies dui hul voorneme aan om met hul onderskeie aksies en projekte voort te gaan, maar ook om gesamentlik aksies en strategie te beplan om die beskerming van eiendomsreg vir alle Suid-Afrikaners te bevorder uit hoofde van die belang daarvan as faktor om ekonomiese groei te bewerkstellig. Die beskerming van eiendomsreg is die enigste volhoubare metode waarop geleenthede vir almal in die land geskep kan word. Die beskikbaarmaking van titelaktes vir alle Suid-Afrikaners, onder meer dié wat in HOP-huise woon, is deur die Ad hoc-groep bespreek en geniet breë ondersteuning.

Ernstige kommer word tydens die vergadering uitgespreek dat die gevolge van die ANC se voorgestelde beleid, juis die armste en mees kwesbare Suid-Afrikaners die hardste gaan tref met ernstige sosio-ekonomiese gevolge. Kwesbare Suid-Afrikaners se toekoms word deur regeringsbeleid ontneem, en onteiening sonder vergoeding sal hierdie tendens versnel en vererger. Terselfdertyd word ernstige kommer uitgespreek oor veiligheid en sekuriteit in landelike gebiede, terwyl grootskaalse verstedeliking plaasvind met min doeltreffende beplanning of strategie rondom die voorsiening van volhoubare voedselsekerheid.

Daar is weer eens kommer uitgespreek dat die regering die beleidsrigting van onteiening van grond sonder vergoeding inslaan terwyl daar geen betroubare databasis bestaan van grondbesit in Suid-Afrika nie. Dit is uitgewys dat selfs bestaande databasisse oor grondbesit afwykings en verskille van soveel as 30% toon.

Voorligting is ook ontvang oor die vernietigende effek van die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering en dat dit sal bydra tot ʼn groter ekonomiese las op elke ekonomies produktiewe Suid-Afrikaner. Dit kan gesien word as ’n vorm van onteiening van die gesondheidsektor.

Die Ad hoc-groep vir die Beskerming van Eiendomsregte nooi alle organisasies en Suid-Afrikaners wat erns het oor die toekoms van ons land om deel te word van die breë burgerlike opposisie teen die destruktiewe ideologiese beleidsrigting van eiendomsregteskendings. Die basiese uitgangspunt van die Ad hoc-groep is dat eiendomsregte, binne die internasionaal gevestigde beginsels van menseregte, die basis van ekonomiese groei en vooruitgang is. Die Ad hoc-groep moedig alle Suid-Afrikaners aan om saam te werk met lidorganisasies van die Ad hoc-groep om die fondamente van ’n suksesvolle Suid-Afrikaanse toekoms te lê.

Die dagbestuur van die Ad hoc-groep vir die Beskerming van Eiendomsregte se werksaamhede sal voorts gekoördineer word deur Jaco Schoeman (Afrikanerbond) as sameroeper, Bennie van Zyl (TLU SA) as ondervoorsitter, Dave Steward (FW de Klerk Stigting), Dr Theo de Jager (SAAI), Piet le Roux (Sakeliga), Hermann Pretorius (SAIRR) en Jan Bosman as sekretariaat.

* Die Ad hoc-groep vir die Beskerming van Eiendomsreg is ʼn informele groepering van organisasies, burgerlike instellings en politieke partye van regoor die politieke en maatskaplike spektrum wat teen onteiening sonder vergoeding gekant is. Verskeie ander organisasies is ook deurlopend besig om hulle steun aan hierdie groep toe te sê.

Dit gee n mens sommer hoop. Kontak ons vir daardie 2de verband lening en spaar.
22/08/2019

Dit gee n mens sommer hoop. Kontak ons vir daardie 2de verband lening en spaar.

Mense met huislenings en motorskuld kan dalk begin uitsien na ’n tweede rentekoersverlaging in 2019.

Address

14 Eden Rose Walk
La Mercy
4399

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when The Bond Masters posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share