Van Wyk Makelaars

Van Wyk Makelaars Finansiële adviseurs sedert '04. Alles onder een dak.

Ons spesialiseer in persoonlike en kommersiële finansiële beplanning, versekering, mediese fondse, aftredebeplanning, oesversekering, beleggings, testamente en meer.

23/08/2026
🌽 Koster Studiegroep Demodag 2026 🚜Dankie dat ons deel van hierdie besondere dag kon wees. Dit was ’n uitstekende demons...
19/08/2026

🌽 Koster Studiegroep Demodag 2026 🚜

Dankie dat ons deel van hierdie besondere dag kon wees. Dit was ’n uitstekende demonstrasiedag, met uitstallers van reg oor die land.

Dit is ook vir ons ’n groot voorreg om hierdie pad saam met die studiegroep te stap as adviseurs oor hul korttermynrisiko’s. Ons sien daarna uit om te sien hoe die studiegroep steeds van krag tot krag gaan en aanhou groei.



Van Wyk Makelaars is ’n gemagtigde finansiële diensverskaffer (FSP 36674).
☎ 014 543 3842
🌐 www.vanwykmakelaars.com

Baie Welkom, Staalkrag Agri! 🔧🌱Van Wyk Makelaars is trots om Staalkrag Agri te verwelkom en hulle in hierdie opwindende ...
04/08/2026

Baie Welkom, Staalkrag Agri! 🔧🌱

Van Wyk Makelaars is trots om Staalkrag Agri te verwelkom en hulle in hierdie opwindende onderneming te ondersteun.

Met ’n omvattende reeks parte, implement- en werkswinkelbenodigdhede—van hand- en kraggereedskap tot staalwerkbenodigdhede, elektriese toerusting en algemene onderdele—bied hulle alles wat jy nodig het, gerieflik onder een dak!

Ons sien uit daarna om saam met julle besigheid te doen en Staalkrag Agri van krag tot krag te sien groei. Baie sterkte en voorspoed met hierdie nuwe hoofstuk!

Ondersteun plaaslik. Ondersteun Staalkrag Agri.



(Van Wyk Makelaars is 'n geakkrediteerde FSPN no 36674)
🌐www.vanwykmakelaars.com
☎ 014 - 543 - 3842

🌽 Oesversekering nodig vir jou lening?Die 2026/2027-plantseisoen lê voor — maak seker jou oes is betyds beskerm teen die...
23/07/2026

🌽 Oesversekering nodig vir jou lening?

Die 2026/2027-plantseisoen lê voor — maak seker jou oes is betyds beskerm teen die finansiële gevolge van:

✓ Hael
✓ Ryp
✓ Brand
✓ Transito
✓ Droogte / inkomstewaarborg*

Ons oesversekeringspesialiste vergelyk verskillende versekeraars en help jou om die regte dekking vir jou boerdery saam te stel.

Moenie wag totdat die wolke saampak nie. Kontak ons vroegtydig.

📞 014 543 3842
📧 [email protected]
🌐 vanwykmakelaars.com

*Inkomstewaarborg is beperk en onderhewig aan beskikbaarheid, vorige jare se opbrengste en onderskrywingsvereistes.

Van Wyk Makelaars | FSP 36674

⛳ Welkom, Koster Gholfklub!Ons is dankbaar om julle as ’n nuwe kliënt te verwelkom en sien uit na die pad vorentoe met j...
20/07/2026

⛳ Welkom, Koster Gholfklub!

Ons is dankbaar om julle as ’n nuwe kliënt te verwelkom en sien uit na die pad vorentoe met julle as nuwe eienaars. Ons weet die besigheid is in bekwame hande.🤝

As jy Koster besoek, maak gerus ’n draai by die klub en geniet ’n rondte op ons plaaslike baan en kuier lekker by die klub! 🏌️



(Van Wyk Makelaars is 'n geakkrediteerde FSP no 36674)

20/07/2026
Word deel van die Van Wyk Makelaars-span! Is jy gekwalifiseerd en ervare om korttermynversekering-administrasie te doen?...
16/07/2026

Word deel van die Van Wyk Makelaars-span! Is jy gekwalifiseerd en ervare om korttermynversekering-administrasie te doen? Hierdie pos is beskikbaar vir gedrewe individue wat deel wil vorm van ‘n dinamiese span en bestuur wat die belange van hul werknemers op die hart dra.
Lees meer oor die pos en doen aansoek op ons webtuiste by www.vanwykmakelaars.com.

Jou oes is jou lewenswerk — beskerm dit met die regte kennis en ondersteuning.🌾 Jy is geregtig op ‘n tweede taksasie. By...
29/06/2026

Jou oes is jou lewenswerk — beskerm dit met die regte kennis en ondersteuning.🌾

Jy is geregtig op ‘n tweede taksasie. By Van Wyk Makelaars glo ons in ingeligte besluite en gemoedsrus vir elke boer.

18/06/2026

Big moments are built on courage, teamwork and bold belief. The best of luck to the Vodacom Bulls as they prepare for their biggest moment yet this season – the URC Grand Final! Go forth and play the bounce, boys – we’re behind you every step of the way!

Kyalami Motors Potchefstroom! 🚗 - Welkom by die Van Wyk Makelaars-familie.Dit is vir ons 'n voorreg om vir Kyalami Motor...
18/06/2026

Kyalami Motors Potchefstroom! 🚗 - Welkom by die Van Wyk Makelaars-familie.

Dit is vir ons 'n voorreg om vir Kyalami Motors Potchefstroom as een van die nuutste kliënte van Van Wyk Makelaars te verwelkom!🤝

Kyalami Motors is gevestig as een van die voorste motorhandelaars in Potchefstroom en het deur die jare 'n uitstekende reputasie opgebou vir kwaliteit voertuie, professionele diens en kliëntetevredenheid. Ons is opreg dankbaar vir die vertroue wat hulle in ons stel om hul versekerings- en risikobestuursportefeulje te bestuur.

By Van Wyk Makelaars glo ons dat elke suksesvolle onderneming unieke risiko's in die gesig staar en daarom persoonlike aandag en professionele advies verdien. Ons sien daarna uit om saam met die span van Kyalami Motors te werk en hulle by te staan met doeltreffende risikobestuur en omvattende versekeringsoplossings.

Baie dankie vir die vertroue in ons span. Ons sien uit na 'n lang en suksesvolle vennootskap.🥂

Ondersteun hulle gerus met die aankop van jou nuwe voertuig:
🌐www.kyalamipotch.co.za

Van Wyk Makelaars – Doen dit reg; die eerste keer!

Vir meer inligting oor hoe ons jou besigheid se risikobestuur kan optimiseer, kontak ons vandag nog:

☎ 014 543 3842
🌐www.vanwykmakelaars.com
📧[email protected]
✅Whatsapp: 04 912 9287

(Van Wyk Makelaars is 'n geakkrediteerde FSP no 36674)

Address

Koster
0348

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:30
Tuesday 08:00 - 16:30
Wednesday 08:00 - 16:30
Thursday 08:00 - 16:30
Friday 09:00 - 16:30

Telephone

+27145433842

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Van Wyk Makelaars posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category