Die Sleutel tot Welvaart

Die Sleutel tot Welvaart Die hoofdoelwit van die voorlegging is om die mense van die area te help om die beste finansiële advies, direk op hul gemik te ontvang. Let asb.

Die Sleutel tot Welvaart

Wil jy meer weet oor hoe om jou welvaart te vermeerder en te beskerm oor generasies heen? Ons nooi u dan hartlik uit om ‘n voorlegging deur Fintax Konsultasie Beperk gratis by te woon by The Venue, Hartswater. Daar sal onder andere gefokus word op:

• Die verskillende tipes beleggings en geassosieerde risikos
• Plaaslike beleggings teenoor globale beleggings – wat is bet

er en wat is die risikos?
• Hoe om welvaart te beskerm oor generasies heen (insluitend boedelbeplanning). Daar sal gratis verversings en ‘n ligte spitbraai middagete vir gaste beskikbaar wees na die voorlegging. Daar sal ook na die ete asook die volgende dag tyd beskikbaar gestel word om die spreker te ontmoet en om persoonlike advies te ontvang, met geen assosieerde verpligtinge of kostes nie. op dat daar beperkte plek is en dat die gaste wat eerste bespreek voorkeur sal kry bo latere besprekings. Wie is Fintax?

- Gestig in 1983 en ‘n gerigestreerde finansiële diensteverskaffer by die FSB (FSP642)
- Hoofkantoor in Sandton, Gauteng
- Erkende spesialiste in welvaartskepping en beskerming vir meer as 160 kliënte wêreldwyd
- Om en by R1.6 biljoen onder advies
- ‘n Globale uitkyk met ‘n advisereurende beleggingspan gestasioneer in Londen, Engeland
- Die kliënt word ALTYD eerste geplaas. Datums en tye:

7 Desember:
12:00 – 13:00 = Voorlegging
13:00 – 14:00 = Informele spitbraai middagete
14:00 – 17:00 = Persoonlike advies, beperk tot 30 minute elk

8 Desember:
9:00 – 15:00 = Persoonlike advies, beperk tot 30 minute elk

Hoekom Hartswater? Fintax Konsultasie Groep het die Vaalhartsdriehoek area geïdentifiseer as ‘n primêre area van welvaartskepping en beskerming oor generasies heen. Aangesien die meeste van die goeie kwaliteit welvaartsbestuurders en finansiële adviseurs in die groter stede soos Johannesburg, Pretoria en Kaapstad is, is dit moeilik vir die boere en inwoners van die kleiner dorpe om hulp met boedelbeplanking en welvaart beskerming te bekom. Fintax Konsultasie Groep het dus die inisiatief geneem om direk met dié mense te kom gesels oor welvaartskepping en beskerming in ‘n informele en gemaklike omgewing by The Venue. Kontak:

Amédi de Klerk
Hoof van Beleggingsbestuur
071 683 8906
011 880 7180
[email protected]

Vanessa Grobbelaar
Administrasie
011 880 7180
[email protected]

William het sy loopbaan begin Die Fintax Groep voordat hy homself by die Adega Restaurante Groep in die bemarkingsafdeli...
20/11/2017

William het sy loopbaan begin Die Fintax Groep voordat hy homself by die Adega Restaurante Groep in die bemarkingsafdeling aangesluit het. Hy het toe homself weer by die Fintax Groep aangesluit as die Hoof van Bemarking en Administrasie. William is 'n sleutelpersoon en aandeelhouer en beskik oor 'n BCom kwalifisie in bestuurwetenskap en ekonomie vanaf Rhodes Universiteit. Hy studeer huidiglik om die Certified Financial Planner (CFP) kwalifikasie te ontvang.

http://fintaxgroup.com/william-mackie/

Anabel het die Fintax Groep gestig in 1983 nadat sy die behoefte vir onafhanklike, resultaat-gedrewe finansiële advies g...
20/11/2017

Anabel het die Fintax Groep gestig in 1983 nadat sy die behoefte vir onafhanklike, resultaat-gedrewe finansiële advies geïdentifiseer het. Sedertien het Fintax aansienlik gegroei met kliënte vanuit verskeie lande.

Anabel is dan ook een van die pioniere van 'asset swap' produkte, 'white-label' fondse asook buitelandse privaat ekwiteitstrukture waar beleggers met minder as $5 miljoen kan deelneem.

Sy het grootgeword op plase in Kenya en Tanzanië (aan die voet van Kilimanjaro) waar haar familie geboer het.

Sy is dan ook 'n groot liefhebber van die bosveld en 'n passievolle golfspeler en deel van twee komitees by die Bryanston Country Club.

http://fintaxgroup.com/anabel-mackie/

Amédi het sy loopbaan begin as 'n beleggingsanalis by Regarding Capital Management (RECM) gebasseer in Kaapstad. Hy het ...
20/11/2017

Amédi het sy loopbaan begin as 'n beleggingsanalis by Regarding Capital Management (RECM) gebasseer in Kaapstad. Hy het toe geskuif na RECM & Calibre waar hy gefokus het op die analise en waardering van privaat besighede. Tydens hierdie tyd het hy gestudeer aan die Edinburgh Besigheidskool en het dan ook suksesvol 'n beleggingsprogram daar voltooi getiteld "A Practical History of Financial Markets".

In laat 2015 het Amédi homself aangesluit by die Fintax Group as Hoof van Beleggingsbestuur. Hy is 'n aandeelhouer en sleutelpersoon. Amédi het verskeie kwalifikasies; onder andere 'n BA in Sielkunde en Sosiologie, 'n BA(Hons) in Sielkunde asook 'n BCom in Beleggingsbestuur vanaf die Universiteit van Stellenbosch. Hy is huidiglik ingeskryf in die Chartered Financial Analyst (CFA) program - Vlak II.

In sy spaartyd is hy passievol oor toer en langafstand staptogte. Hy het in 2015 'n 1,000km alleen staptog deur Spanje en Frankryk voltooi.

http://fintaxgroup.com/amedi-de-klerk/

Die Fintax Groep is 'n gemagtigde finansiële diensteverskaffer (FSP642) en is gestig in 1983 met die doel om families se...
14/11/2017

Die Fintax Groep is 'n gemagtigde finansiële diensteverskaffer (FSP642) en is gestig in 1983 met die doel om families se welvaart te groei en te beskerm.

12/11/2017

Address

Ghaapzicht Perseel 1F7
Hartswater
8570

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Sleutel tot Welvaart posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share