19/08/2024
SARS het 'n nuwe vorm IT3(t) ingebring. Die vorm is ten opsigte van trusts en bevat 'n opgawe van alle verdelings aan begunstigdes in die afgelope belastingjaar (Maart tot Feb).
Om die funksie te aktiveer moet die "TAXTYPE" IT3 eers geaktiveer word. Die funksie is onder orginisation/orginisation/taxtypes/manage tax types. Aktiveer dan IT3 (requests activation). Dit mag nodig wees om die aktivering per epos of SMS goed te keur.
Die IT3(t) funksie is dan beskikbaar onder returns/third party data/submit new data. Die IT3 opgawe behoort dan daar beskikbaar te wees.
Vir enige verdere hulp kontak Karle by 021 912 6000.