Deepwater Trading

Deepwater Trading precision farming crop production, and beef production

28/03/2026

Besigheid. Die outjies dra soos die ander 3 in my 4 bal, baie swaar!
Dankbaar.
Hierdie maak n stroper dreun!

14/03/2026

Rimisoxafen, a new herbicide active ingredient in development from FMC, targets pigweeds like waterhemp and Palmer amaranth in corn and soybeans. Read more below ⬇️

Kinderlik opgewonde oor die mielies wat nog nie gedooi het met die droogte nie. My "playpen" lyk ook nie te sleg nie, we...
07/03/2026

Kinderlik opgewonde oor die mielies wat nog nie gedooi het met die droogte nie. My "playpen" lyk ook nie te sleg nie, weet nie of dit laasjaar gaan verbysteek nie, pitte het al begin dent.

Hier is koppe op kultivars wat hopelik 100g gaan maak en dan is daar koppe wat 400g+ gaan maak.

Dit alles van n meer as net NPK program. Ek verfyn en leer elke jaar. Die playpen is die beste handboek saam met natuurlik kennis van ander boere.

Net laasweek hoor ek hoe sulke dinge nie moontlik is nie. 30 jaar se data wys dit. Jammer as jy stagneer op 30 jaar se verouderde benadering. Selfs al is jou landboukundige n 2025 universiteit model.

D**k buite die boks, maak foute, suksesse leer nie altyd veel nie maar foute doen.

Ek bied steeds konsultasie werk, TCs natuurlik🥸🌽😁.

Daar besgaan nie n silverbullet nie, daar bestaan ook nie kortpaaie nie.

Genade van Bo bly steeds die nr 1 bemesting!

Dankbaar vir die Genade en Geleentheid.

Hierdie gaan soos n bemarkings advertensie klink. Maar die verskil hier is 2 kultivars, selfde groeilengte. Een is net 1...
01/03/2026

Hierdie gaan soos n bemarkings advertensie klink. Maar die verskil hier is 2 kultivars, selfde groeilengte. Een is net 100 keer meer droogte bestand lyk dit my... Daar is 12 rye wat uitstaan in die wat al geel is, dis die verskil in invoor. Die kultivar regs het ook n invoor program gehad, hael en GEEN onkruiddoder, behalwe roundup nie.

Dis die tipe "foute" wat suksesse uitwys.

Give credit where due, daai kultivar is Pioneer se 52T52R.

Regte kultivar plus regte ROI insette = volhoubaar.

Verkeerde Kultivar plus baie produkte = hopelik jou geld terug.

Gegewe die moeilike, warm en droë toestande, is dit goed om te sien dat nie alle whisky dieselfde proe nie In die 2 vori...
12/02/2026

Gegewe die moeilike, warm en droë toestande, is dit goed om te sien dat nie alle whisky dieselfde proe nie

In die 2 vorige droë seisoene was daar lesse geleer wat omstandighede soos die help anders benader word.

Reen is maak of breek, maar wat maak jy met dit wat jy gekry het.

Die Liewe Vader se seën is steeds die belangrikste!

Want slaap is vir die voëls. Hier is ek amper op die hond se stert met my sampling app. Hy integreer met my huidige plat...
09/02/2026

Want slaap is vir die voëls. Hier is ek amper op die hond se stert met my sampling app. Hy integreer met my huidige platforms en maak monsterneming net soveel makliker. Ja ek het sommer patent reg ook ingegooi! Apps vir boere deur boere is overdue.

Darem so soja of 2 met potensiaal....
30/01/2026

Darem so soja of 2 met potensiaal....

Het 2 groot swamdoder proewe aan die gang. Baie kombinasies en dan ook drie drone vs balk proewe.Swamdoders is nie meer ...
28/01/2026

Het 2 groot swamdoder proewe aan die gang. Baie kombinasies en dan ook drie drone vs balk proewe.

Swamdoders is nie meer net sommer net n opsionele ding nie. Nuwe genetika vereis dir amper.

Met al die siektes wat so spontaan uitbreek het ek beskerming nodig. Maar daar moet ROI wees, almal het dit, ek verkies die beste een vir my sak.

Aangeheg is n voorbeeld van een proef.




2027 se Mielie en Soja dag in progress.Hierdie soja proef het n mooi storie om te vertel. Van Hael, geen gif, geen insek...
26/01/2026

2027 se Mielie en Soja dag in progress.

Hierdie soja proef het n mooi storie om te vertel. Van Hael, geen gif, geen insekdoder, tot waar hy nou bestuur is.

Wat betaal en wat doen nie, don't jump the gun is baie maal moeilik.

Goeie data en inligting wat gedeel gaan word, eerlike onafhanklike boere opinies en data.

'n Verhaal van 3 sojas.  1. die Ou Staatmaker2. die Bemarkings foefie3. die Mede boer aanbevelingDie stroper gaan moet p...
24/01/2026

'n Verhaal van 3 sojas.

1. die Ou Staatmaker

2. die Bemarkings foefie

3. die Mede boer aanbeveling

Die stroper gaan moet praat, maar huidiglik is die Pioneer kop en skouers voor wat potensiaal betref.

Ek het daai slaggat gelukkig vlak getrap.

Enkele plante is uiters gevaarlik vir besluite maak, uitstekend vir bemarking.

Sal sien hoe die seisoen uitspeel, kort dringend reen, pitgewig, siektes en plae gaan alles nog n rol speel.

18/01/2026

Was getting your data in check part of your New Year’s resolution? Now’s the time to follow through.

Before planting season hits full speed, get a head start with SMS™ and AgFiniti®. When your data is organized and accessible, every decision becomes more confident, from prescriptions and boundaries to reports and field history.

SMS is our powerful desktop software for in-depth data management and analysis. AgFiniti complements it with cloud-based access, so your information is available when and where you need it, whether you’re in the office, the cab, or on the go.

Together, they help you turn data into insights, reduce guesswork, and stay ahead of the season before the first seed goes in the ground.

Ek vlieg met die drone vandag oor 'n land mielies. Ek sien daar is 2 plekke waar die mielies nie opgekom het nie. Dadeli...
17/01/2026

Ek vlieg met die drone vandag oor 'n land mielies. Ek sien daar is 2 plekke waar die mielies nie opgekom het nie. Dadelik gou terug data toe, en daar sit die 2 sirkels. Die strooier se spinners was nie op spoed nie en toe is die kompos gekonsentreerd (8 ton / ha) op daai 2 bane gegooi, waarom weet ek nie. Ek sal sê dat die gekonsentreerde band dalk te veel sout gehad het en die ontkieming beinvloed het. Te veel van 'n goeie ding is ook nie goed nie. Ergste is, die applikasie was in 2024 gedoen en die gevolg daarvan wys nou nog.

Gaan kompos heeltemal my bemesting kan vervang? Nie by my nie, maar dit gaan ook nie minder word nie.

Fotos bygevoeg wys die applikasie data en die lugfoto van daar.

Address

Balfour

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00

Telephone

0834865988

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Deepwater Trading posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Deepwater Trading:

Share