Deepwater Trading

Call Directions Website Contact the business

Deepwater Trading precision farming crop production, and beef production

Ek streef na effektiwiteit.  Vroeg begin is half gewin.  Te vroeg begin is halwe opname.Reg begin is reg gewin.GROK maak...
04/10/2026

Ek streef na effektiwiteit. Vroeg begin is half gewin. Te vroeg begin is halwe opname.

Reg begin is reg gewin.

GROK maak darem maar mooi fact sheets...

Wanneer ek op vakansie is, is dit skerm tyd, Data deurgaan en daai "Nuggets" en "Golden Eggs" soek soos party sal versta...
08/07/2026

Wanneer ek op vakansie is, is dit skerm tyd, Data deurgaan en daai "Nuggets" en "Golden Eggs" soek soos party sal verstaan. Dissekteer AL die layers, vat dit 'n stap verder en dan nog so paar kop krappe.

Hier is ek besig om 'n paar punte op te trek om te gaan sample, nie gewone ontledings nie, maar biologiese ontledings. Hoe meer ek my grond verstaan op sulke dele, hoe makliker kan dit moontlik op ander plekke besluite dryf of rigting aanwys.

Ek sit nie sommer biologie by nie, tensy ek 100% seker is dit die regte ding om te doen.

Hier is een so kol, hy gaan nou dissekteer word.

PS, dis sojas.

Om dubbeld jou bemesting se opbrengs te stroop sal ek sê is redelike goeie ROI. Jy moet net weet waar om te spandeer.My ...
08/06/2026

Om dubbeld jou bemesting se opbrengs te stroop sal ek sê is redelike goeie ROI. Jy moet net weet waar om te spandeer.

My konsultasie groep is oop vir almal, behalwe as jy hardkoppig is om te verander. Ek boer ook, ek weet dis partymaal moeilik om iets te verander, maar dieselfde oefening gaan jou niks nuuts leer nie.

Meet jouself, nie ander nie, verbeter jou effektiwiteit, jou situasie is anders, alhoewel die wiskunde dieselfde bly.


28/03/2026

Besigheid. Die outjies dra soos die ander 3 in my 4 bal, baie swaar!
Dankbaar.
Hierdie maak n stroper dreun!

14/03/2026

Rimisoxafen, a new herbicide active ingredient in development from FMC, targets pigweeds like waterhemp and Palmer amaranth in corn and soybeans. Read more below ⬇️

Kinderlik opgewonde oor die mielies wat nog nie gedooi het met die droogte nie. My "playpen" lyk ook nie te sleg nie, we...
07/03/2026

Kinderlik opgewonde oor die mielies wat nog nie gedooi het met die droogte nie. My "playpen" lyk ook nie te sleg nie, weet nie of dit laasjaar gaan verbysteek nie, pitte het al begin dent.

Hier is koppe op kultivars wat hopelik 100g gaan maak en dan is daar koppe wat 400g+ gaan maak.

Dit alles van n meer as net NPK program. Ek verfyn en leer elke jaar. Die playpen is die beste handboek saam met natuurlik kennis van ander boere.

Net laasweek hoor ek hoe sulke dinge nie moontlik is nie. 30 jaar se data wys dit. Jammer as jy stagneer op 30 jaar se verouderde benadering. Selfs al is jou landboukundige n 2025 universiteit model.

Dink buite die boks, maak foute, suksesse leer nie altyd veel nie maar foute doen.

Ek bied steeds konsultasie werk, TCs natuurlik🥸🌽😁.

Daar besgaan nie n silverbullet nie, daar bestaan ook nie kortpaaie nie.

Genade van Bo bly steeds die nr 1 bemesting!

Dankbaar vir die Genade en Geleentheid.

Hierdie gaan soos n bemarkings advertensie klink. Maar die verskil hier is 2 kultivars, selfde groeilengte. Een is net 1...
01/03/2026

Hierdie gaan soos n bemarkings advertensie klink. Maar die verskil hier is 2 kultivars, selfde groeilengte. Een is net 100 keer meer droogte bestand lyk dit my... Daar is 12 rye wat uitstaan in die wat al geel is, dis die verskil in invoor. Die kultivar regs het ook n invoor program gehad, hael en GEEN onkruiddoder, behalwe roundup nie.

Dis die tipe "foute" wat suksesse uitwys.

Give credit where due, daai kultivar is Pioneer se 52T52R.

Regte kultivar plus regte ROI insette = volhoubaar.

Verkeerde Kultivar plus baie produkte = hopelik jou geld terug.

Gegewe die moeilike, warm en droë toestande, is dit goed om te sien dat nie alle wh**ky dieselfde proe nie In die 2 vori...
12/02/2026

Gegewe die moeilike, warm en droë toestande, is dit goed om te sien dat nie alle wh**ky dieselfde proe nie

In die 2 vorige droë seisoene was daar lesse geleer wat omstandighede soos die help anders benader word.

Reen is maak of breek, maar wat maak jy met dit wat jy gekry het.

Die Liewe Vader se seën is steeds die belangrikste!

Want slaap is vir die voëls. Hier is ek amper op die hond se stert met my sampling app. Hy integreer met my huidige plat...
09/02/2026

Want slaap is vir die voëls. Hier is ek amper op die hond se stert met my sampling app. Hy integreer met my huidige platforms en maak monsterneming net soveel makliker. Ja ek het sommer patent reg ook ingegooi! Apps vir boere deur boere is overdue.

Darem so soja of 2 met potensiaal....
30/01/2026

Darem so soja of 2 met potensiaal....

Address

Balfour

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00

Telephone

0834865988

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Deepwater Trading posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Deepwater Trading:

Shortcuts

Share