Johan Wepener Debt Counsellors

  • Home
  • Johan Wepener Debt Counsellors

Johan Wepener Debt Counsellors Johan Wepener Debt Counsellors offer a professional debt counselling. Contact us for more information: Johan Wepener on 082 558 8570

Why choose us as your debt counsellor?

· Credibility: Established in 2007 and registered with the National Credit Regulator, we can assure you of a professional and personalised debt review service;

· Accreditation: When you call us, you will deal directly with the NCR-accredited debt counsellor who has the appropriate expertise to assist you as efficiently as possible;

· Efficiency: We will dr

aw up a financial plan to help you get out of debt, negotiate affordable repayments with your credit providers and guide you through the process; and

· Experience: Our experience in financial management and coaching enables us to put in place a practical payment plan to help you regain financial stability.

19/11/2025

Today, we share exciting news: Johan Wepener Debt Counsellors have been named as one of the Top 10 Debt Counsellors in South Africa for 2025 in the category for Boutique Debt Counsellors.

10/01/2024

Ons het gister onderstaande vanaf 'n klient ontvang:
"Ons het Johan en span se dienste begin gebruik in 2021. Van die begin af het hulle die proses so maklik gemaak en soveel van die stress van ons skouers af gehaal. Elke maand kon ek sien hoe my balaans af kom deur middel van die dokument wat hulle vir my gestuur het. Die maande wanneer dit moeilik gegaan het, kon ek net kommunikeer met Johan en hy het alles gereël. Toe ons aan die einde kom, het hulle die proses weereens so vinnig en glad laat verloop. Dit was so gerusstellend. Een van die bank instansies het ook raak gesien die diens wat ek van Johan gekry het en hulle geprys dat hulle een van baie min maatskappye is wat régtig die ekstra myl gaan en alles doen om die proses soos glad as moontlik te maak. Hulle is regtig n eerlike, betroubare span. Ek kan hulle diens met groot gemak aanbeveel." Madelize

02/08/2023

Baie mense sien die konsolidasie van skuld as 'n oplossing, maar dit is selde die geval. Eerstens gaan jy moeilik kwalifiseer vir konsolidasie van skuld, want krediteure sal kyk of jy die nuwe lening sal kan terugbetaal, en meestal sal rooi ligte reeds in so 'n mate fl***er dat hulle nie bereid sal wees om 'n nuwe lening te gee nie. Tweedens, as hulle dit doen, gaan die rentekoers wat jy betaal baie hoog wees. Baie mense gryp op hierdie stadium na strooihalms en leen geld by "loan sharks". "Loan sharks" vra uitermate hoe rentekoerse weens die risiko verbonde aan die lening. Ons sien dilwels hoe mense 'n nuwe lening by 'n "loan shark" aangaan om die paaiement van die vorige "loan shark" te betaal. Konsolidasie van skuld is dus dikwels nie 'n oplossing nie, terwyl nuwe skuld, by 'n gewone bank of 'n korttermyn-lener altyd teen uitermate hoe rentekoerse sal wees.

02/08/2023

Sover is aandag gegee aan hoe jy jou terugbetaalvermoe kan verbeter deur kostebesparings en/of deur inkomste te verhoog. Ek wil nou aandag gee aan wat jy kan doen om jou skuldbetalings aan te spreek. Die eerste wat jy kan doen, is om self met krediteure te onderhandel vir tydelike verlaging van die paaiemente, of selfs geen betaling vir 'n maand of twee. Dit maak veral sin as jy weet jou situasie is van tydelike aard en dat jy binne die volgende paar maande weer jou paaiemente sal kan betaal. Onthou net, as jy minder betaal, raak jou kapitaaldelging minder, want die rentebedrag sal nie verminder nie. Uiteindelik word die afbetalingstermyn dan langer. Hierdie is selde 'n langtermynoplossing en as jou situasie nie van 'n korttermyn aard is nie, is dit nie aan te beveel nie.

31/07/2023

Aanvullend tot besparings in uitgawes, kan jy probeer om jou inkomste te verhoog. Jonger mense en mense wie se opleiding hoog in aanvraag is, kan uitkyk vir 'n nuwe werk met beter vergoeding. Ouer mense, wat na aan aftrede is, en nie meer maklik van werk kan verander nie, kan begin kyk na 'n tweede inkomste, veral as dit 'n inkomste is wat na aftrede kan voortgaan. Maak 'n slag geld uit jou stokperdjie! Wees egter versigtig vir vinnige geldmaak-skemas. Maak ook jou somme goed wanneer jy 'n besigheid wil begin. Dit moet ekstra geld inbring en nie teer op jou bestaande inkomste nie. Vermy om geld leen by familie of vriende. Dit is 'n resep vir familie-twis of kwaaivriendskap.

28/07/2023

Watter opsies is daar as jy besef jy kan nie jou maandelikse skuldverpligtinge nakom nie? Die eerste is om jou maandelikse persoonlike uitgawes te probeer verminder. Mens sal verbaas wees hoeveel uitgawes jy kan besnoei of uitskakel. D**k byvoorbeeld aan bankkoste. Het jy regtig nodig dat die bank jou per sms van elke transaksie moet laat weet? D**k aan aftrekorders waarvan jy al vergeet het, en wat ook nog ekstra bankkoste tot gevolg het. Dit is dus die beste beginpunt, veral as dit saamgaan met 'n streng, maar realistiese begroting waarby jy hou. Hierdie is 'n noodsaaklike eerste aksie. Maar hoeveel kan mens bespaar, veral as jy voel jy het reeds uitgawes tot op die been gesny? Wat help dit as jy begroot en die begroting wys jy kan steeds nie uitkom nie? Met die volgende plasings kyk ons na ander opsies wat jy kan volg.

27/07/2023

Skuldberading (Debt Counselling) het baie voordele, maar daar is ook slaggate. Ek deel graag hierdie inligting in 'n paar plasings, na aanleiding van 'n artikel in Die Burger van 22 Julie (Netwerk24 - Debtbusters se Money Stress Tracker vir 2023). Debt Busters het 'n omvattende peiling gedoen waaraan 35 000 mense deelgeneem het. Daaruit is dit duidelik dat baie mense ernstige geldelike druk ervaar. As jy een van hierdie mense is, hoop ek hierdie paar plasings kan jou help om 'n sinvolle besluit oor jou geldsake te neem.

Address


Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Johan Wepener Debt Counsellors posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Johan Wepener Debt Counsellors:

  • Want your business to be the top-listed Finance Company?

Share