The Family Constitution Company

The Family Constitution Company Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from The Family Constitution Company, Financial service, 19 & 21 Totius Street, Potchefstroom.

A company dedicated to guiding clients through the process of developing a family constitution and facilitating family meetings to discuss critical issues related to the business.

Nasionale Testamenteweek | 14–18 September 2026’n Testament is een van die belangrikste dokumente wat jy vir jou familie...
06/09/2026

Nasionale Testamenteweek | 14–18 September 2026

’n Testament is een van die belangrikste dokumente wat jy vir jou familie kan nalaat. Dit gee duidelikheid oor wat jy agterlaat en wie dit ontvang.

Maar ware nalatenskap gaan oor meer as bates...
Dit gaan oor die waardes, beginsels, verhoudings en rigting wat jou familie van geslag tot geslag saambind.

Jou gesinsgrondwet bepaal hoe jou gesin saam sal leef, werk en groei.

Hierdie Nasionale Testamenteweek, dink nie net aan wat jy nalaat nie, dink ook aan die familie wat jy agterlaat. ❤️

**Bou ’n nalatenskap wat verder leef as jou bates.**

📞 018 293 0656 | 079 515 4622
🌐 famconco.com

04/09/2026
Aan ’n fenomenale en dinamiese vrou...Baie geluk met jou verjaarsdag ! Karen, jou visie, dryfkrag en, veral, die opregte...
04/09/2026

Aan ’n fenomenale en dinamiese vrou...Baie geluk met jou verjaarsdag !

Karen, jou visie, dryfkrag en, veral, die opregte omgee vir mense se harte en welstand, is werklik merkwaardig. Jy is iemand wat nie net dinge laat gebeur nie, maar ook mense inspireer, aanmoedig en ’n blywende verskil in hul lewens maak.

Dankie vir die ongelooflike rol wat jy nie net binne FCC speel nie, maar ook in die lewens van soveel mense rondom jou. Jou passie, energie en geloof in mense maak jou besonders.

Mag hierdie nuwe lewensjaar vir jou gevul wees met net soveel groei, vreugde, betekenis en mooi oomblikke as wat jy elke dag vir ander bring.

Vier jou vandag — jy verdien dit!

Happy birthday Karen!
Thank you for leading with passion and dedication.

Die lewe bestaan uit verskillende seisoene. Ons het die wortels van vorige generasies wat ons dra, die bloei van die lew...
02/09/2026

Die lewe bestaan uit verskillende seisoene.

Ons het die wortels van vorige generasies wat ons dra, die bloei van die lewe wat ons vandag leef, en die nuwe groei van die generasies wat ná ons kom. Elke fase bring sy eie vreugdes, uitdagings, lesse en geleenthede. Maar wanneer generasies saamstaan, word ’n familie se storie soveel ryker.

Hierdie lente seisoen vier ons nie net ’n nuwe seisoen nie, maar ook die reis van gesinne deur die verskillende seisoene van die lewe. Mag ons dit wat voor ons gekom het koester, dit wat ons vandag het waardeer, en met wysheid bou aan dit wat nog kom.

Gelukkige Lente!

Want elke gesin het ’n storie, elke generasie het ’n rol en elke seisoen het betekenis.

Van wortels tot nuwe groei; ons elkeen is deel van die groter verhaal.

Dit was vir The Family Constitution Company (FCC) ’n besondere voorreg om op 13 Augustus 2026 as sprekers tydens die Moo...
27/08/2026

Dit was vir The Family Constitution Company (FCC) ’n besondere voorreg om op 13 Augustus 2026 as sprekers tydens die Mooiveld Boerevereniging se vergadering op te tree.

Ons glo dat sterk familieboerderye en -besighede nie net op goeie bestuur gebou word nie, maar ook op duidelike waardes, gesonde familiebestuur en ’n gedeelde visie vir die toekoms.

Dankie aan die Mooiveld Boerevereniging en al die boere wat deelgeneem het aan die gesprekke. Ons waardeer die geleentheid om ons kennis te deel en saam te gesels oor hoe ’n familiegrondwet kan help om dit wat vandag opgebou word, ook vir toekomstige geslagte te bewaar.

Met groot entoesiasme sien ons uit na die jaarlikse Nampo Alfa-skou!The Family Constitution Company sien daarna uit om w...
26/08/2026

Met groot entoesiasme sien ons uit na die jaarlikse Nampo Alfa-skou!

The Family Constitution Company sien daarna uit om weer as uitstaller by hierdie besondere geleentheid teenwoordig te wees en, soos altyd, talle families te ontmoet wat die onskatbare waarde van ’n Familiegrondwet verstaan.

Kom leer meer oor ons dienste en ontdek hoe ons JOU kan help om die waarde van familieboerderye en -besighede te beskerm en te versterk, sodat dit van geslag tot geslag oorgedra kan word.

Dagboek die skou VANDAG nog!

📍 Nampo Park, Bothaville
📆 2 & 3 Oktober 2026
📌 NutriFeeds Saal – Stand 12

19/08/2026

’n Terugblik op ’n dag vol inspirasie, betekenis en verbinding.

Op Vrouedag het The Family Constitution Company (FCC) in samewerking met Pioneer Seed South Africa ’n besonderse en betekenisvolle geleentheid aangebied, spesiaal vir die vroue wat die hart van familieboerderye vorm.

Onder die tema “The Lioness – Raising Generations. Protecting Legacies.” is vroue gevier wat soveel meer as net ’n ondersteunende rol binne hul familie en boerdery vervul. Hulle is moeders, eggenotes, dogters, susters, lewensmaats, raadgewers en bewakers van die waardes, verhoudings en nalatenskap wat oor geslagte heen opgebou word.

’n Leeuwyfie is immers meer as net ’n moeder. Sy beskerm haar familie, waak oor haar gebied, leer die volgende geslag en dra met stille krag by tot die voortbestaan van haar trop. Sy verstaan dat haar besluite nie net vandag raak nie, maar ook die wêreld waarin haar kinders en die geslagte ná hulle eendag sal leef.

Net so dra die vroue binne familieboerderye ’n besondere verantwoordelikheid. Hulle help om familiewaardes te bewaar, tradisies voort te dra, verhoudings te versterk, toekomstige geslagte groot te maak en die familie se welvaart en nalatenskap te beskerm.

Die dag het ’n veilige ruimte geskep vir eerlike gesprekke, nadenke en nuwe perspektiewe rondom familienalatenskap, opvolgbeplanning, generasiekontinuïteit, waardes, moederskap, veerkragtigheid en die toekoms van familieboerderye in Suid-Afrika.

’n Terugblik op ’n besondere dag van inspirasie, verbinding en viering.The Family Constitution Company (FCC), in samewer...
19/08/2026

’n Terugblik op ’n besondere dag van inspirasie, verbinding en viering.

The Family Constitution Company (FCC), in samewerking met Pioneer Seed South Africa, het vroue gevier wat ’n onmisbare rol speel in die hart van familieboerderye. Vroue wat geslagte grootmaak, waardes dra en nalatenskappe help beskerm.

Die dag was gevul met inspirasie, waardevolle gesprekke, nuwe perspektiewe en betekenisvolle verbinding.

’n Spesiale dankie aan ons gasspreker, ons kundige paneel, en elke vrou wat hierdie dag so besonders gemaak het.

Dit was meer as net ’n konferensie, dit was ’n viering van die krag, wysheid en nalatenskap van vroue. Dit was ’n ongelooflike Vrouedag!

Raising Generations. Protecting Legacies.

Die Leeuwyfie – Maak geslagte groot. Beskerm nalatenskappe. Op Vr...

When you’re part of a family business that has been built and passed down through generations, understanding where it al...
05/08/2026

When you’re part of a family business that has been built and passed down through generations, understanding where it all began is essential. Learn how previous generations built, grew and managed the business, the values they upheld, and the role your family played in its success.

Document this legacy for the generations to come with a comprehensive Family Constitution. A guide that preserves your family’s values, vision and business legacy for the future.

04/08/2026

'n Familieboerdery se grootste nalatenskap is nie net die grond of die oes nie, maar ook die familie wat dit saam bestuur.

In hierdie insiggewende onderhoud met AMT deel Tamara van The Family Constitution Company en Kobus Stapelberg van King Price Insurance waardevolle perspektiewe oor die toekoms van familieboerderye.

Hulle bespreek onder andere:
✅ Die belangrikheid van oop en eerlike kommunikasie.
✅ Hoe 'n Familie Grondwet duidelike rolle, verantwoordelikhede en verwagtinge vaslê voordat konflik ontstaan.
✅ Waarom opvolgbeplanning en 'n gedeelde waardestelsel die sleutel is tot 'n volhoubare familie-onderneming.
✅ Hoe die regte risikobestuur en versekeringsvennoot jou boerdery vir die toekoms beskerm.

The Family Constitution Company glo ons dat suksesvolle familieboerderye nie toevallig ontstaan nie maar hulle word doelbewus gebou deur vertroue, deursigtigheid en 'n gesamentlike visie vir die toekoms.

🎥 Kyk gerus na die onderhoud en ontdek hoe die regte gesprekke vandag die verskil kan maak vir die volgende generasie in boerdery of besigheid.

Address

19 & 21 Totius Street
Potchefstroom
2520

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when The Family Constitution Company posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share